Net halwe antwoorde
Net halwe antwoorde

Net halwe antwoorde

Dani Booysen
Nadat pres. Hage Geingob die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, oor die weermag se aankoop van die Oropoko Lodge vir N$45 miljoen aangetree het, is dit goed dat die agbare minister in die Nasionale Vergadering repliek gelewer het.

Jan en San Alleman is egter nie noodwendig met al sy antwoorde tevrede nie.

Dat die staatshoof weens sy “besige skedule” vir langer as ‘n jaar nie oor die saak ingelig is nie, is geen verweer nie. Daar was etlike kabinetsittings.

Goed en wel dat die weermag volgens Ya Ndakolo byna N$2 miljard gespaar het deur Oropoko te koop eerder as om ‘n nuwe basis op die plaas Etiro naby Karibib te bou. Hoeveel is egter vir Etiro betaal en wat word, of gaan met die grond gedoen word?

Meer besonderhede kon verstrek word, sonder om die heilige koei van “nasionale veiligheid” in gevaar te stel.

Sommige infrastruktuur wat uit die oorlogsjare geërf is, was inderdaad tydelik van aard en verwyderbaar. Ya Ndakolo noem egter nie die miljarde dollars wat reeds spandeer is om basisse op te knap en nuwe basisse op te rig nie. Die omvang van militêre besteding bly ‘n bron van kommer en die N$45 miljoen is maar net deel hiervan.

Dit terwyl die ministerie van verdediging byvoorbeeld in Januarie vanjaar N$4,5 miljoen aan die munisipaliteit van Windhoek geskuld het. Waarskynlik is daar ook skuld by ander plaaslike owerhede.

Dit help nie om te bespaar deur soldate op verpligte verlof te stuur terwyl besparing nie ook op ander fronte behoorlik oorweeg word nie.

As die regering uit die staanspoor deursigtig is, hoef vure nie later doodgeslaan te word nie.

So sê ander

21 Februarie 2018

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Te midde van die applous oor die land se “nuwe begin” onder aanvoering van sy nuwe president, is die grondkwessie een van dié wat vir baie mense kommer veroorsaak.

Dinsdag in sy repliek op die debat oor die staatsrede het hy (pres. Cyril Ramaphosa) vir die eerste keer uitgewei oor die kwessie. Ramaphosa is egter steeds vaag oor watter proses gevolg gaan word met herverdeling van grond en hoe omvangryk hy die proses sien.

Ramaphosa sal sekerlik besef, dat al kry hy groot populistiese toejuiging oor die kwessie, onsekerheid daaroor nie lank kan voortduur nie.

Hy het alle Suid-Afrikaners en rolspelers se insette gevra. Dit is ’n gesprek wat duidelik nie meer vermy kan word nie – koelkoppe en laatnaggesprekke gaan nodig wees om ’n sinvolle uitweg te kry.

Anders kan dit juis die katalisator wees wat die “nuwe begin” beduiwel.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!