Net lande in oorlog vaar erger as SA – verslag
’n Indeks van sekerheids-, regerings-, rykdom- en welvaartaanwysers toon dat Suid-Afrika in 2018 tot die 88ste posisie uit 178 lande gesak het.
Suid-Afrika se prestasie – gemeet aan ’n reeks maatskaplike, ekonomiese en regeringsmaatstawwe – het die afgelope 12 jaar meer agteruitgegaan as enige ander land, behalwe dié wat midde in ’n oorlog is.
Dit blyk uit die jongste verslag van die Eunomix Business & Economics, wat politieke en ekonomiese risiko’s ontleed.
Volgens die maatskappy sal die agteruitgang van Suid-Afrika waarskynlik voortduur weens die gevolge van nege jaar se verergerende korrupsie en die versuim om die beleid onder die leiding van oudpres. Jacob Zuma aan te pas.
Die broosheid van die ekonomie sal ook waarskynlik die bewindstydperk van Zuma se opvolger, pres. Cyril Ramaphosa, beperk, meen Eunomix, wat wys op die risiko’s wat die president in die komende nasionale verkiesing op 8 Mei in die gesig staar.
“Dit is hoogs waarskynlik dat hy (Ramaphosa) slegs ’n eentermyn-president gaan wees,” sê Claude Baissac, hoof van Eunomix.
“Hy het met ’n baie swak ekonomie begin – die swakste van enige president sedert (wyle oudpres. Nelson) Mandela. En hy sit eintlik ook in ’n baie swak politieke posisie.”
FTI POSITIEWER VOORUITSIG
’n Indeks van sekerheids-, regerings-, rykdom- en welvaartaanwysers toon dat Suid-Afrika in 2018 tot die 88ste posisie uit 178 lande gesak het, terwyl die land nog 31ste in 2006 was.
Suid-Afrika se dalings op die verskeie ranglyste word net oortref deur lande wat aktief in oorlog of onrus vasgevang is, soos Mali, die Oekraïne en Venezuela.
Nie almal stem met Eunomix saam nie.
FTI Consulting is positiewer oor Suid-Afrika se vooruitsigte.
“Suid-Afrika het al merkwaardige vooruitgang in terme van die verbetering van sy bevolking se welvaart gemaak, met armoede wat al met 10% oor die afgelope 10 jaar afgeneem het,” skryf dié konsultantefirma in sy jongste verslag oor die toekoms van die land.
FTI het wel bevind dat 14 miljoen mense steeds onder die vlak lewe waar hulle genoeg basiese kos kan bekostig.
Eunomix sê die kans om die agteruitgang om te keer, word deur die onvolhoubare struktuur van Suid-Afrika se ekonomie belemmer. Dié onvolhoubare struktuur, sê Eunomix, is een waar ekonomiese mag deur slegs ’n klein groepie elite gehou word wat min politieke invloed het, ’n situasie wat grootliks as gevolg van die land se apartheidsgeskiedenis voortduur, asook die beduidende ongelykheid wat steeds hier heers.
Die uiteinde van dié strukture is dat die vermoë van die politici om ongewilde besluite te neem wat broodnodig vir ekonomiese groei is word, deur die wanbalans van mag onderdruk.
POPULISME
“Ekonomiese beleid baat net ’n nou reeks belange, en dit genereer trae en onregverdig verdeelde groei,” sê Eunomix.
“Populisme, eerder as ’n agenda van ontwikkeling, is ’n aanloklike versoeking waar die ekonomie dan in ’n toutrekkompetisie tussen wedersyds wantrouige groepe opeindig.”
Ramaphosa het sy eerste 14 maande aan bewind daaraan gewy om korrupsie en beleidsonsekerheid te beëindig terwyl hy poog om staatsondernemings wat verliese ly te hervorm. Maar sy politieke swakheid sal vordering belemmer of doem, reken Eunomix.
Ramaphosa het die ANC-leiersverkiesing teen Nkosazana Dlamini-Zuma in Desember 2017 slegs met ’n baie fyn marge gewen.
Vandag word die ANC steeds deur faksievorming teruggehou.
“Suid-Afrika se staatsprestasie het in 2007 ’n hoogtepunt bereik; daardie jaar was sy ekonomie en bestuur op sy beste,” sê Eunomix.
“Sedertdien het die staat ’n voortdurende afname in alle kernaanwysers van prestasie beleef.
“Die ontwikkelingstaatsprojek het misluk. Suid-Afrika is nou ’n brose staat, wat na verwagting sal aanhou om te verswak.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie