Net matras in Tuindorp se noodkar
Henriette Lamprecht
’n Bakkie, toegerus met ’n onoorgetrekte matras met ’n laken los bo-oor gegooi, ’n plastiek draagbaar en ’n suurstofbottel wat agterin lê, is die week deur die staatshospitaal op Okahandja uitgestuur om te help met ’n pasiënt wat ’n aanval gehad het.
Volgens die Namibiese Marshall Ranger, mnr. Sean Naude, het hy ’n oproep van die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) ontvang dat ’n bestuurder van ’n bakkie op die pad tussen Windhoek en Okahandja onderweg na die Noorde ’n aanval gehad het. Die persoon kon egter daarin slaag om sy voertuig van die pad af te trek.
Volgens Naude het die man en sy voertuig sowat 5 km anderkant die padblokkade in die rigting van Okahandja gestaan. Met sy aankoms met die ambulans, was die ambulansbakkie ook op die toneel gekry wat intussen vanaf Okahandja uitgestuur is.
“Toe ek sien hoe dit lyk en dat die pasiënt agter in die bakkie op ’n dun, vuil matras moes lê, het ek gesê ek sal hom self met ons ambulans hospitaal toe vat,” het Naude gesê.
Met sy aankoms by die staatshospitaal op Okahandja is hy volgens hom begroet deur ’n “vieslik vuil” ingang met van gebruikte maskers en inspuitings tot ’n asdrom wat oorloop van sanitêre doekies, gebruikte handskoene, dempers vol bloed tot kos.
“Dit is by die voordeur van die hospitaal. Dit is g’n wonder soveel mense gaan in hospitale dood nie. Dit is ook nie net hier nie, by die Sentrale Hospitaal in Windhoek lyk dit net so,” het hy gesê.
Die plasing van die betrokke video op Republikein se Facebook-blad het wyd reaksie uitgelok. Een persoon het haar dank uitgespreek dat iemand dit onder die publiek se aandag gebring het.
Daardie hospitaal is vieslik vuil en die bestuur is pateties.”
Volgens die persoon het sy ’n jaar gelede hier geboorte geskenk en was dit “een van die ergste ondervindings in my lewe”.
“Die hospitaal se hoofstortingsterrein is by die venster van die saal waar nuwe ma’s en hul babas lê. Jy lê in daardie vuil met vlieë en slegte reuk. Die sale is ook vol spinnerakke,” het sy gesê.
Nog een het erken “die Okahandja-hospitaal is altyd vuil, dis niks nuut nie. Die plek lyk soos ’n rubbish dump”. ’n Ander leser het laat weet sy was laas week daar en soos “ek ingekom het, het ek net weer omgedraai en huis toe gegaan. Dis bitter lelik en baie sad”.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie