Net munisipaliteit mag mediese afval verwerk
’n Private hospitaal in Windhoek sê die Windhoek-munisipaliteit se weiering dat dit sy eie mediese afval kan verwerk, is bloot omdat hy dit self wil doen.
Henriette Lamprecht – ’n Raadsbesluit deur Stad Windhoek (CoW) in Augustus 2011 waarin opdrag gegee is dat alle gesondheidsorgafval nét by sy geriewe in die hoofstad verwerk mag word, word as die rede voorgehou waarom ’n private hospitaal in Windhoek dit nie op sy eie perseel mag behandel en verwerk nie.
Die Lady Pohamba Private Hospitaal (LPPH) sleep die CoW, die omgewingskommissaris sowel as die prokureur-generaal hieroor hof toe.
Die hospitaal se hoofbestuurder, me. Hannelie Botha, sê in haar eedsverklaring die doel van die hofaansoek is om ’n besluit van die CoW in November 2020 ter syde te stel. Volgens dié besluit mag die hospitaal nie sy bestuursprogram, Sterilwave SW250-reeks, vir die bestuur van mediese afval gebruik om risiko-afval van gesondheidsorg (HCRW) op die perseel te behandel, steriliseer en te vernietig nie.
‘VOLDOEN AAN REGULASIES’
Botha sê alle risiko-afval van die hospitaal word “ordentlik en voldoende” gestoor en is apart van ander afval in lyn met LPPH se interne protokol en in volle ooreenstemming met munisipale regulasies. Die afval word na die CoW se goedgekeurde perseel deur ’n geakkrediteerde verwyderaar vervoer waar ’n outoklaaf (sterk verseëlde houer) vir mediese afval en ’n verbrandingsoond vir die anatomiese afval gebruik word.
LPPH het in Julie 2020 ’n SW250- bestuurstelsel vir mediese afval by die hospitaal geïnstalleer. Botha beskryf dit as ’n “kompakte bestuurstelsel wat gebruik maak van ’n versnipperingstelsel en mikrogolftegnologie om enige soort soliede, biogevaarlike afval te steriliseer in baie dun, veilige en onherkenbare munisipale afval”.
Die eindproduk verminder die gewig van afval met tot 25% en die volume met tot 85%.
“Die afval word veilig op die perseel vernietig, pleks dat dit na die CoW se afvalstortingsterrein vervoer word,” sê Botha.
’n Omgewingsklaringsertifikaat is op 12 Junie 2020 aan LPPH uitgereik, terwyl ’n inspeksie deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste op LPPH se geriewe uitgevoer is om te bepaal of die bestuur voldoen aan die standaarde en spesifikasies van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sowel as die wet vir openbare en omgewingsgesondheid.
Op 24 September is goedkeuring vir gebruik gegee.
Volgens Botha is ’n skrywe van CoW op 20 Augustus ontvang dat LPPH nie aan sekere vereiste regulasies voldoen nie en dat die munisipaliteit se verwerkingsgeriewe van mediese afval “die enigste goedgekeurde geriewe” hiervoor is.
LPPH is aangeraai om met die raad oor die kwessie in gesprek te tree en slegs met die verwerking en behandeling van mediese afval op hul perseel te begin wanneer die raad tevrede is dat die wyse en metode gepas is en gevolglik goedkeuring hiervoor verleen.
In korrespondensie met die munisipaliteit op 8 September bevestig LPPH dat hulle ’n bedryfslisensie danksy hul omgewingsklaringsertifikaat het. Botha verwys ook na ’n strategie vir gesondheidsrisiko-afval waarin sentrale geriewe deur die CoW geskep en bestuur word en dat die munisipaliteit nie ten gunste van individuele kleiner geriewe by gesondheidsorggeriewe is nie.
’n Resolusie is aanvaar dat die strategiese hoof vir infrastruktuur, water en afvalbestuur die mandaat het om die vestiging van dié kleiner geriewe in Windhoek te voorkom.
Botha beskryf die besluit as “irrasioneel en onredelik”.
“Die aansoek is bloot op grond van ’n strategie afgekeur en omdat die goedgekeurde geriewe steeds ruim kapasiteit het om HCRW te ontvang en te behandel,” lui die hofstukke.
Me. Karin Engelbrecht, ’n mediese laboratoriumtegnoloog en sonebestuurder by Pathcare in Windhoek, het weefselmonsters by LPPH se stelsel geneem.
Volgens die ontleding is geen mikro-organismes soos swamme, virusse of bakterieë gevind nie. Sy het bevestig die mediese afval wat in die Sterilwave-masjien gevoer word ná behandeling is ’n “totaal ander middel, nie meer mediese afval nie en ook nie giftig of gevaarlik nie.” Dit val dus nie in die definisies van die CoW se regulasies vir afvalbestuur vir “gevaarlike afval” sowel as “afval wat ’n gesondheidsrisiko” inhou nie.
Volgens die CoW is LPPH se afval “gevaarlik” en val dit binne die definisie van risiko-afval. Ook gee regulasie 35(2) nie die CoW goedkeuring om toestemming aan die hospitaal te gee vir die verwerking van dié afval nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie