Net u2019n bietjie liefde
Net u2019n bietjie liefde

Net ’n bietjie liefde

[email protected]
Leandrea Louw
Leandrea Louw – Ons is mos tog nog in die maand van liefde, reg? Maar ek kan met alle eerlikheid sê dit voel hierdie Corona het al die mooi en liefde oordompel.

Ons hoef nie eens ver te gaan nie – gaan loer nou net in op enige dagblad se Facebook-blad en maak die kommentaar oop.

Dis asof mense dink omdat jy agter ’n skermpie sit, kan jy sê net wat jy wil.

Onlangs het ek ’n storie geskryf oor ’n jong dame wat oorsee gegaan het. Dit was vir my ’n oulike storie, want nie almal wat uit Narraville (Walvisbaai) kom het die geleentheid om Parys te gaan sien nie. Ek was opgewonde om haar stories te vertel, want ek dink toe, dalk is daar ’n 18-jarige wat nie weet wat om met haar lewe aan te vang nie; dalk kan hierdie storie haar help om rigting te kry.

Maar nee, groot mense, ouer as ek, lewer sarkastiese kommentaar, goed soos “So what, is she the only that has ever travelled”, “Report on real news” en my all-time favourite, “Don’t you have better things to report on?”

Op daai oomblik brand my vingers om my rekenaar se sleutelbord nader te trek en die mense te vra, wat het in jou lewe skeefgeloop? Hoekom ‘hate’ jy?

Hoekom moet jy so bitter wees?

Ek verstaan die feit dat ons grondwet gee ons “freedom of speech”, maar sjoe, wat is dit om net een keer te dink oor wat jy nou op sosiale media gaan sê?

Is jy genuinely okei met wat uit jou mond (of in dié geval vingers) kom?

Ek persoonlik is moeg van al die negatiwiteit, en wanneer ek dus bietjie positiwiteit en mooi kry, gryp ek dit met altwee hande en koester dit so lank as wat ek kan.

Ek weet ’n mens kry ’n hele paar Karen’s, wat niks anders kan doen as net kla nie.

Maar kom ek daag jou uit hierdie week – dink langer en dieper oor wat jy teenoor jou medemens te sê het.

Die Bybel sê waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Kom ons onthou dit.

Saai so bietjie liefde en omgee. Dit hoef nie ’n grand gesture te wees soos in ons gunsteling rom-coms nie. Net iets klein. Eenvoudig. ’n Glimlag, ’n hoe gaan dit.

Maya Angelou stel dit so mooi: “Die liede het geen grense nie. Dit spring oor hekkies en heinings en deurboor mure om vol hoop by sy bestemming te kom.”

Ons almal kort net so bietjie liefde. Net ’n bietjie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!