Net span stywer om veediewe in Otjozondjupa
As deel van die goewerneur James Uerikua se landbouplanne vir sy streek, werk hy ook om wild- en veediefstal te bestry.
Elvira Hattingh - Wild- en veediewe in die Otjozondjupastreek se dae is getel.
So het dié streek se nuwe goewerneur, mnr. James Uerikua, onlangs in ‘n onderhoud met Republikein gesê.
Dit volg nadat Maart die streek se donkerste maand in die afgelope drie jaar was, met 75 stuks vee wat as gesteel aangemeld is. Die 58 stuks vee wat in Februarie as gesteel aangemeld is, was ook ‘n rekordgetal in vergelyking met die vorige 16 maande.
Die goewerneur het binne die eerste twee maande, vandat hy sy nuwe amp betree het, met die sekuriteitsektor en ander belangegroepe in die streek vergader oor hoe dié kriminele aktiwiteite bekamp kan word.
Uerikua sê veediefstal, asook wildstropery is ‘n groot bron van kommer vir die Otjozondjupastreek en dat die Namibiese polisie maatreëls implementeer om dit te bekamp.
“Jy sal verstaan ons kan nie fyner detail hieroor bekend maak nie,” het hy gesê.
Die goewerneur se woordvoerder, mnr. Elvis Muraranganda, het syfers van die vorige boekjare sedert 2017 bekend gemaak, waarvolgens oor drie boekjare meer as 500 vee jaarliks in die streek as gesteel aangemeld is.
Gedurende Maart vanjaar is alle rekords sedert April 2017 oorskry, terwyl die minste gesteelde vee (30) in Mei 2018 aangemeld is.
Muraranganda het gesê die goewerneur het die afgelope maande telkemale met streekverteenwoordigers van kommunale, kommersiële en regstellende aksie-boere vergader.
Hy wil graag hê die streek moet die grootste bydrae lewer tot die Namibiese kosmandjie as dit by gewasproduksie kom.
“Dit is die goewerneur se wens dat produkte van plaaslike boere op die rakke van die streek se grootste én kleinste handelaars, asook elders moet wees.
“Die Otjozondjupastreek beskik oor vrugbare grond en baie boere kweek byvoorbeeld reeds onder besproeiing – alles van mielies, mahangu, boontjies en sonneblomme tot wortels, tamaties, uie, spinasie, kool, uie, groenrissies en waatlemoene,” het Muraranganda gesê.
“Die goewerneur beraam ‘n landbouvorderingsplan met behulp van en in konsultasie met alle belangegroepe.
Plaaswerkers en hul lewens- en werkstoestande sal ‘n sleutelkomponent van dié plan vorm, terwyl mediese sekuriteit, pensioenfasiliteite en onderrig ook oorweeg word.
Muraranganda sê wat boere kniehalter, is veral klimaatsverandering. Toegang tot grond, die opleiding van boere om die beste gehalte produkte te produseer, asook toegang tot markte, is van die boere in die streek se grootste uitdagings.
“Ons hoop om dié uitdagings uit die weg te ruim,” het Muraranganda gesê. Hy het bygevoeg die streek se landbouvorderingsplan sal, ná voltooiing, aan die publiek bekend gemaak word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie