Net twee dae se O-bloed in voorraad
Net twee dae se O-bloed in voorraad

Net twee dae se O-bloed in voorraad

Henriette Lamprecht
’n Verhoogde aanvraag na bloed en minder skenkings het voorraadvlakke in die hele Namibië negatief geraak met die bloedbank wat net twee dae se O-tipe bloedgroep in voorraad het. Die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS) benodig ’n minimum van 2 000 skenkings voor die einde van Januarie om voorraad aan te vul. Die afname in skenkings is weens die tydperk tussen Kersfees en Nuwejaar en die aanvang van die nuwe skooljaar wanneer skenkers dikwels ’n welverdiende ruskans neem.
Volgens me. Zita Tobin van NamBTS is daar tans ’n tekort van die O-bloedgroep.
“Die voorraad is baie laag. ’n Gesonde vlak moet ses dae en meer wees en ons staan tans op twee dae vir die O-groep wat totaal onvoldoende is. Dit het daartoe gelei dat ons die groep O-positief en O-negatiefbloed na hospitale moet rantsoeneer. Die voorraadvlakke van ander bloedgroepe A, B en AB is steeds voldoende,” het sy gesê. Sy het ’n beroep op lede van die publiek en in veral van die O-bloedgroep gedoen om so gou moontlik bloed by die NamBTS se onderskeie klinieke te skenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!