Netanyahu besoek Oos-Afrika
Netanyahu besoek Oos-Afrika

Netanyahu besoek Oos-Afrika

Estelle de Bruyn
Israel se premier, Benjamin Netanyahu, het gister in Rwanda aangekom.
Dit is ’n hoogs simboliese deel van sy geskiedkundige besoek aan Afrika en is daarop gemik om betrekkinge tussen die twee lande te versterk.
Netanyahu is op die lughawe deur pres. President Paul Kagame ontmoet en het later die Kigali-­gedenksentrum besoek, waar meer as 250 000 van die minstens 800 000 slagoffers van die 1994-volksmoord in massagrafte begrawe is.
Israel word uit ’n pragmatiese oogpunt deur Rwanda as alternatiewe vennoot beskou midde toenemende gespanne betrekkinge met tradisionele bondgenote soos Amerika en Brittanje.
Netanyahu se besoek aan Rwanda is deel van ’n vier-nasie toer aan Afrika om veral handelsbande en veiligheid te versterk. Op die vooraand van Netanyahu se besoek het Israel ’n hulppakket van US$13 miljoen aangekondig om ekonomiese betrekkinge en samewerking met Afrikalande te verstewig.
Netanyahu het Uganda Maandag besoek vir die 40ste herdenking van die ontsetting van Israeliese burgers van Entebbe-lughawe. Dinsdag was hy in Kenia en sy toer eindig vandag in Ethiopië. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!