Netanyahu kritiseer anti-Israel propaganda
Netanyahu kritiseer anti-Israel propaganda

Netanyahu kritiseer anti-Israel propaganda

Estelle de Bruyn
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het op die vooraand van die herdenking van die slagting van Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog “giftige” anti-Israeli propaganda in die Weste, wat hy gelykgestel het met naziisme, gekritiseer.
“Wat tot die slagting tydens die Tweede Wêreldoorlog gelei het, is die aanhitsing tot haat, wat vandag nog teen Israel voortduur,” het Netanyahu gesê.
“Anti-Semitisme het nie verdwyn met Hitler se dood nie. Propaganda in die Westerse wêreld teen Israel is nie minder giftig as ekstremistiese Islam en die Arabiese wêreld nie,” het hy gesê.
Tydens ’n kort seremonie aan die begin van die menseslagting dag van herinnering in Israel, het ses oor­lewendes van konsentrasiekampe kerse aangesteek ter nagedagtenis aan die ses miljoen Jode wat deur die Nazi’s vermoor is.
Israel het gister om 07:00 GMT tot stilstand gekom met sirenes wat afgegaan het om die Joodse slag­offers van die Tweede Wêreldoorlog te onthou. ’n Studie wat in 2015 gedoen is, het bevind dat nagenoeg 45 000 van Israel se beraamde 190 000 oor­lewendes van die menseslagting nou in armoede lewe. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!