Netbalafrigter toets positief

Sowat 70 leerlinge moet vir sewe dae selfisolasie handhaaf.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Nadat Windhoek Hoërskool (WHS) se netbalafrigter van die eerste span Woensdag haar positiewe Covid-19-uitslag ontvang het, moes die Karlienhof-meisieskoshuis ontruim word.

Die senior meisieskoshuis se inwoners, waar die meerderheid van die netbalspelers bly, is gisteroggend huis toe gestuur vir selfisolasie tot 12 Augustus, terwyl die eksamenskedule onveranderd bly.

Volgens WHS se skoolhoof, mnr. Hawie Engels, was die meisies in die onder 17 en o.19 A- en B-netbalspanne in nabye kontak met die positiewe geval.

Volgens ’n brief wat WHS uitgestuur het, word leerlinge en personeel wat in nabye kontak met die positiewe geval was aangemoedig om ook te self-kwarantyn en om hulself te laat toets.

“Daar is 50 koshuismeisies en 20 netbalspelers wat beslis gaan self-kwarantyn, maar ander mense wat in nabye kontak met haar was, word ook aangeraai om eers op 12 Augustus terug te keer,” het Engels gesê.

Die afrigter het die naweek ’n verjaardagpartytjie by ’n venue in die hoofstad gehou.

EKSAMEN GAAN VOORT

Volgens die brief sal graad 10-leerlinge steeds klasse bywoon en sal die graad 11- en 12-eksamens soos geskeduleer voortgaan.

“Sommige leerlinge sal tydens hierdie kwarantyntydperk hul eksamens misloop. Daardie leerlinge sal heel moontlik vir daardie vak ’n ‘Afwesig’ op hul rapport kry.”

“Ons wil egter die leerlinge akkommodeer en sal binnekort vergader oor die moontlikheid om hulle in ’n laterstadium eksamen te laat skryf,” het die skoolhoof gesê.

Die netbalafrigter was ook in die finansiële kantoor werksaam. Volgens Engels is die kantoor gesluit en sal dit eers ontsmet word voor dit weer heropen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!