Netbalspanne stel maatstaf vir rugby

Ondanks 'n moratorium op skoletoere word Namibië se talent wel in Suid-Afrika ten toon gestel.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Namibië Skolesportunie (NSSU), ouers en private borge het deurgedruk om die land se gebruiklike toere na Suid-Afrikaanse provinsiale toernooie in die wintersporte moontlik te maak, ondanks die regering se aankondiging dat hy nie geld beskikbaar het om hieraan af te staan nie.

Op die rugbyveld het twee Namibiese spannetjies gistermiddag hul uitputtende busrit na Witrivier voltooi, waar hulle in 'n ongenadige loting sommer vanoggend vroeg reeds opdraf.

Die onder 13 Cravenweek en die o.16 Grant Khomo-toernooi word gesamentlik op die dorp in Mpumalanga aangebied.

Die Namibiese laer­skoolspannetjie se botsing teen die magtige Vrystaat is klaarblyklik een waarin die opposisie te swaar vir hulle behoort te wees (afskoptyd 10:15).

Die NSSU o.16-span het 'n heelwat ligter teenstand vir hul afskopwed­stryd om 11:15, naamlik die Grens-platteland.

Die o.13's het verlede week voor hul vertrek uit Windhoek klerasie vir die gebruiklike wintertoer ontvang – met die span se hoofborg Sanlam, G4S, Paradox Security Systems, Spar Namibia en mnr. Dakkie Anthonissen wat almal ingespring het om dit moont­lik te maak.

“Om vir mense geld te vra, is nooit aangenaam nie, maar vanjaar was die taak veel makliker met die ondersteuning van die ouers en borge wat ongelooflik was,” het die o.13-afrigter, mnr. Mauritz Thirion, gesê.

Ouers wie se kinders vir Namibiese skolespanne gekies word, moet die afgelope jare met duisende dollars vorendag kom om die toerkoste te help dek. Uiteindelik word egter meestal op 'n prysenswaardige eg Namibiese manier hande gevat en vrygewige borge tree ook na vore om die las ligter te help maak.

“Ek is baie bly om van julle span se goeie ingesteldheid te hoor. Vergeet van skoolwerk en eksamens en fokus vir die komende dae op julle rugby. Dra hierdie klere met trots, pak elke wedstryd voluit en speel met alles wat jy het,” was die boodskap van die waarnemende voorsitter van Namibiese laerskolerugby, mnr. Jannie Potgieter.



NETBAL-SUKSES

Te midde van die finansiële werklikhede van Namibiese sport, was die afgelope netbaluitslae in Boksburg van die beste in die land se geskiedenis.

Twee spanne se brons­medaljes was die trots van Namibië. Afrigter Emsie Esterhuizen se o.17-span het 'n brons uit 23 spanne losgeslaan en het sodoende gewys dat verlede jaar se silwermedalje nie 'n gelukskoot was nie.

Die NSSU onder 15's, onder afrigterskap van Ina Fransman, het 'n ewe puik derde plek uit 18 spanne losgespeel.

Namibië se onder 14-span het net twee wedstryde verloor vir 'n tiende eindposisie uit 22 unies.

Doelgemiddeld was die enigste faktor wat verhinder het dat hulle ook die topagt kon haal.

In die laerskole-afdelings het die o.13's in die 19de plek uit 22 spanne klaargemaak en die o.12's was tiende uit 22 spanne.

Die Namibiese o.17 netbalspan was Mianka Robberts (kaptein, Walvisbaai Privaat Hoërskool), Urikombanda Katjatenja (onderkaptein, WHS), Lydia Nakale (WHS), Lisa Yssel (Windhoek Gimnasium), Ciara Thorburn (Elnatan), Elmarien Haoses (Epako), Mia Brand (Windhoek Gimnasium), Rosa Gowases (S.I. Gobs, Omaruru), Ariane Wieland (Pro-Ed), Rochalle Roets (WBPHS).

Die o.15-spelersgroep was Hailey Awases (kaptein), Mioné Garbers (onderkaptein), Zoe Polgar, Faziela Alberts, Louise van der Westhuizen, Tuané Silver (almal Windhoek Gimnasium), Meagan le Roux (WBPHS), Elizabeth Besser (WBPHS) en Ndjorombua Kavara (WHS).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!