Netbalspeler herstel ná bestuurder oor haar ry

Misdaad
Andrew Poolman
Andrew Poolman - 'n Beskuldigde verskyn van­oggend in die hof in verband met 'n tref-en-trapbotsing wat 'n jong lid van Namibië se nasionale netbalspan in die hospitaal laat beland het.

Die 25-jarige Leandri van der Walt was in Oktober 'n lid van die Namibië se Desert Jewels wat opspraak gewek het met hul verowering van die M1 Nasiesbekertoernooi in Singapoer. Die Namibiërs het ondanks hul status as die laagste gerekende netballand onoorwonne deur die toernooi geseil om die trofee huis toe te bring.

Vrydagaand was Van der Walt en haar vriend Xico Coetzee by die Puma-vulstasie in Talstraat, toe 'n woordewisseling glo met twee mans ontstaan het.

Na verneem word, het die beskuldigde hierna eers Coetzee se bakkie met sy voertuig gestamp. In sy poging om weg te jaag, het hy ook vir Van der Walt gestamp, wat teen die voorruit en toe onder die voertuig beland het. Nadat die beskuldigde reeds een maal met sy voertuig bo-oor haar gery het, het hy dit glo nog twee keer gedoen terwyl hy agtertoe en vorentoe gery het om sy vriend op te pik.

In die proses het die beskuldigde se Swakopmund-registrasiemerk egter losgekom en op die toneel bly lê. Sosiale media is ook deur die loop van die naweek ingespan wat tot sy uitkenning en opsporing bygedra het.

Van der Walt se broer, John Mackenzie Oosthuizen, het gister aan die koerant gesê Leandri se vordering in die hospitaal sedert die eerste aand is reeds baie bemoedigend.

“Sy het merke aan haar gesig en arms waar die voertuig haar gestamp en bo-oor haar gery het, maar die mees ernstige besering is dat die C2-werwel in haar nek gebreek is. Ons verneem darem dat dit 'n sogenaamde stabiele fraktuur is. Sy kan darem reeds weer regop sit.

“As 'n familie het ons groot waardering vir die buurtwagte en gewone Namibiërs se hulp en ondersteuning sedert die voorval.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!