Netbalsterre plaas Namibië in kollig

Twee plaaslike atlete is onlangs in Suid-Afrika vir hul besonderse pretasies vereer.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Juzelri Garbers het Saterdag in Pretoria by Tukkies (Universiteit Pretoria) se jaarlikse sporttoekennings die visekanselier- en prinsipaaltrofee vir uitstaande akademiese en sportprestasies in haar afwesigheid ontvang.

Garbers het aan die koerant gesê: “Die toekenning was vir my ’n groot verrassing, veral omdat Tuks soveel goeie sportmanne- en vroue het. Omtrent 30 van Suid-Afrika se Olimpiese atlete kom van Tuks af. So ek was geskok dat ek die een is wat gekies is.

“Ek het baie kere oefening gemis, omdat ek toets moes skryf. Soms moes ek aansoek doen vir ’n siektoets sodat ek ‘n wedstryd vir Tuks kon speel wat op dieselfde tyd plaasvind.

“Ek onthou goed hoe ek vroeër vanjaar toe ek vir Namibië teen Uganda en Suid-Afrika in die Spar Challenge gespeel het, in die aande en vroegoggende moes sit en aanlyn klasse opvang en take asook opstelle moes skryf om vir my meestersgraad in te gee.

“Ek het baie hard gewerk om beide my BA-regte en LLB-grade cum laude te verwerf en ek hoop om dieselfde met my meesters reg te kry.

“Die toekenning is ’n spesiale manier vir my om my universiteitsloopbaan af te sluit. Om op so ’n manier erkenning te kry vir harde werk, is spesiaal.

“Dit sou egter nie moontlik wees sonder die hulp van Tuks se regsfakulteit en tegemoedkomende dosente nie. Ook nie sonder Tuks-netbal en die geleenthede wat hulle vir my geskep het nie. Ek wil spesiaal dankie sê vir my ongelooflike ondersteuningsnetwerk gedurende my ses jaar by Tuks. Baie dankie aan my spanmaats, vriende, familie, en veral my ouers. Ek sou dit nie alleen kon doen nie!”

Garbers is die afgelope paar jaar as doelverdediger ’n steunpilaar vir Tukkies-netbal. Haar loopbaan was amper ingedrang toe sy ’n ligament geskeur het, maar sy het teruggeveg om weer vir Tukkies haar merk te maak.

Sy het Tukkies gehelp om in 2019 die Varsity-toernooi en verskeie ander kompetisies te wen. Sy is ’n gereelde spanlid van die provinsiale Gauteng-span in die nasionale liga asook die Namibiese Desert Jewels.

Die Desert Jewels-netbalspeler, Monica Gomases (22), is ook by die Universiteit Johannesburg (UJ) se sportgala met ’n silwermedalje vir haar netbalpretasies vereer.

Gomases het aan Republikein gesê: “Ek is dankbaar vir die geleenthede wat vir my gegee word en al die ondersteuning wat ek ontvang. Baie dankie aan my spanmaats en afrigters, sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie. Dit is beslis een van my hoogtepunte van die jaar. Ek is ingenome om die 2021-seisoen so af te sluit.”

TuksSport se jaarlikse sporttoekennings het in die verlede ook in Namibië ’n draai gemaak. Die sokkerspeler, Ronald (Stigga) Ketjijere van die Brave Warriors, het in 2015 dieselfde toekenning van Tukkies ontvang. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!