Netflix tel spoed op buite die VSA
Netflix tel spoed op buite die VSA

Netflix tel spoed op buite die VSA

Netflix het die televisielandskap die afgelope paar jaar verander, veral in die VSA, sy tuismark, maar begin internasionaal ook spoed optel.

Die aanlyn stromingsdiens het in die tweede kwartaal beter gevaar as ontleders se verwagtinge vir groei in intekenare. Sy internasionale gehoor is nou vir die eerste keer meer as sy getal intekenare in die VSA.

Netflix se verskeidenheid televisiereekse, flieks en komedies begin toenemend vlamvat in van die grootste markte ter wêreld, waaronder Brasilië en Brittanje.

Teen die einde van die jaar is die verwagting, volgens Instinet, dat 20% van huishoudings met breëband in vyf van sy grootste markte buite die VSA Netflix sal kyk.

Die maatskappy het in die tweede kwartaal 5,2 miljoen nuwe intekenare bygekry. Dit is 2 miljoen meer as wat ontleders verwag het.

Volgens Netflix is 4,14 miljoen van die nuwe intekenare buite die VSA. Dit beteken hy het nou meer as 52 miljoen internasionale intekenare.

Hy verwag verder dat sy internasionale bedrywighede in die huidige boekjaar vir die eerste keer ’n wins sal toon.

In totaal het Netflix sowat 104 miljoen intekenare.

Die fokus van die maatskappy is om nog meer internasionaal te groei, veral in Europa en Latyns-Amerika. Die doelwit is om 80% tot 90% van sy intekenare buite die VSA te hê, wat daarop dui dat hy ’n internasionale mark van 450 miljoen intekenare of meer het.

Asië bly die maatskappy se grootste uitdaging, het Netflix weer gesê. Verbruikers in Asië se smaak verskil en hulle is meer geneig om flieks en televisiereekse op mobiele toestelle te kyk. Die maatskappy het egter aangedui dat hy meer hulpbronne op dié gebied gaan bestee.

Netflix het laat in 2010 die eerste keer internasionaal, na Kanada, uitgebrei. Dié land is steeds sy grootste internasionale mark. Dan volg Brittanje en Brasilië, met Duitsland die volgende grootste internasionale mark. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!