Netflix word duurder, maar. . .
Netflix se spaarvarkie is besig om leeg te loop. Dit het die wêreld se grootste stromingsdiens genoop om die eerste keer in twee jaar sy maandelikse tariewe aansienlik op te stoot.
Die skerp styging in subskripsiegeld is vir eers beperk tot sy Amerikaanse kykers, waar pryse met tussen 13% en 18% styg.
Die prys van Netflix se gewildste pakket, waarop gebruikers op twee skerms na programme kan kyk, styg van US$10,99 tot US$12,99 per maand, lui ’n Netflix-verklaring.
Die Suid-Afrikaanse prys vir dié standaardpakket bly onveranderd op R139 per maand. Die goedkoopste pakket kos steeds R99 per maand.
Ontleders meen die skerp styging is deels te wyte aan die maatskappy se besluit om potte vol geld aan die skep van oorspronklike inhoud te bestee.
OORSPRONKLIKE INHOUD
Dit sluit noemenswaardige programme en flieks soos Sandra Bullock se Bird Box, die Emmy-bekroonde The Crown en die omstrede dokumentêr Wild Wild Country in.
Besteding aan oorspronklike inhoud het van US$3,36 miljard in 2016 tot meer as US$8 miljard in 2018 gestyg, berig Reuters.
Netflix reik na verwagting Donderdag sy jongste kwartaalsyfers uit. Beleggers hoop dat die aggressiewe belegging in oorspronklike inhoud tot aansienlik meer intekenare sal lei.
Volgens die jongste beskikbare syfers het Netflix 137 miljoen intekenare wêreldwyd, waarvan die meeste in Amerika is.
Die maatskappy voer ook ’n opdraande stryd teen roofkykers en gebruikers wat wagwoorde met vriende en familielede deel.
Terselfdertyd het sy skuldlas tot US$8,33 miljard gegroei, sê Daniel Morgan, ’n senior portefeuljebestuurder by Synovus Trust Company, wat meer as 15 000 Netflix-aandele besit.
Die maatskappy se aandeelprys het Dinsdag met 6,5% tot US$354,64 gestyg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie