Netjiese nate is Edtha se nering
Tanja Bause - In ‘n klein sinkhuis in Evelinestraat in Windhoek sit mnr. Emeka Edtha (28) agter ‘n naaimasjien besig om nóg ’n kleurvolle hemp te maak.
Edtha, wat van Nigerië af kom, het in sy geboorteland by sy oom geleer hoe om klere te maak.
“Ek het die besigheid twee jaar gelede begin. Vandag is een man in my diens wat ek ook opgelei het,” sê hy.
Edtha het nog twee mense opgelei en sê enigiemand wat daarin belangstel om klere te maak, kan vir opleiding by hom aanklop.
“Ek sal hulle oplei en dan kan hulle hul eie besigheid begin en hul eie geld verdien.”
Edtha herstel nie net klere nie, maar ontwerp dit ook.
“My droom is nie net om my besigheid uit te brei en nog meer mense in diens te neem nie, maar ook om baie mense op te lei. Soveel mense het nie werk nie, maar as hulle die vaardigheid aanleer, kan hulle ’n inkomste verdien en hul lewensomstandighede verbeter.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie