Netumbo gee UDF gelyk oor korrupsie
Netumbo gee UDF gelyk oor korrupsie

Netumbo gee UDF gelyk oor korrupsie

Die regering is volgens die adjunkpremier ernstig oor die bestryding van finansiële misdaad.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die adjunk- eerste minister, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê sy stem saam met mnr. Apius Auchab, die leier van die United Democratic Front (UDF), oor korrupsie.

Nandi-Ndaitwah, ook die ­minister van internasionale ­betrekkinge en samewerking, het verlede ­Donderdagmiddag in die ­Nasio­nale Vergadering (NV) gesê die stryd teen korrupsie gaan inderdaad gepaard met volhoubare ontwikkeling, en sterker demokratiese en korporatiewe bestuur.

Sy het terselfdertyd verwys na die Vergadering van Staatshoofde en Regerings van die Afrika-unie (AU) wat in Januarie vanjaar opnuut oorlog teen dié euwel verklaar het.

Die tema van die vergadering aan die begin van vanjaar, “Winning the Fight against Corruption: A Sustainable Path to Africa's ­Transformation”, onderskryf volgens Nandi-Ndaitwah die vasteland se onderneming om ­korrupsie uit te roei.

In Namibië is 'n statutêre liggaam, die Teenkorrupsiekommissie (ACC), spesifiek vir die bekamping van dié misdaad in die lewe geroep, het sy haar kollegas herinner.

Sy het ook 'n beroep gedoen op parlementslede om hul deel te doen om van korrupsie ontslae te raak.

Auchab wou ook by Nandi-Ndaitwah hoor watter maatreëls bestaan om die regering te help om die onwettige uitvloei van geld uit Namibië teen te werk.

Hy het onder meer verwys na 'n verslag deur die Verenigde Nasies (VN) se ekonomiese kommissie vir Afrika, wat getoon het ­nagenoeg US$73 miljard het onregmatig tussen 2000 en 2015 uit die vasteland gevloei.

Hierop het die adjunkpremier gesê: “Namibië veroordeel die ­onwettige finansiële uitvloei uit die vasteland.”

Dié geld het Afrika beroof van noodsaaklike ontwikkeling, het sy gesê.

Op die tuisfront het die NV die Wet op Finansiële Intelligensie in 2012 deurgevoer, het Nandi-­Ndaitwah gesê.

Dié wet het juis ten doel om ­geldwassery, die finansiering van terrorisme en ander finansiële misdade hok te slaan, het sy gesê.

Hiernaas moet dié wet ook toesien dat die integriteit en bestendigheid van die land se finansiële stelsels beskerm word.

“Die wet word tans in werking gestel en daar dien tans sake voor die hof oor dié aan­geleentheid.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!