Netwerk huldig nalatenskap van Nico Tromp
Netwerk huldig nalatenskap van Nico Tromp

Netwerk huldig nalatenskap van Nico Tromp

Yandi Du Plessis
Netwerk, ‘n organisasie met die doel om die belange van Afrikaners in Namibië te bevorder, het begin om erkenning te gee aan mense wat diep spore in die Afrikaanse taal en kultuur in Namibië getrap het.

Op 21 September is ’n Prestige-kultuurtoekenning in memoriam aan me. Denése Tromp, eggenoot van wyle mnr. Nico Tromp (1949-2021), oorhandig.

Voor hy op 72-jarige ouderdom die stryd teen Covid-19 verloor het, het Tromp steeds as nie-uitvoerende direkteur op die direksies van die Nictus-groep in Suid-Afrika sowel as in Namibië gedien. Verder was hy ‘n stigterslid van Netwerk en ook hoofbeskermheer van die Voortrekkers.

“Sy afsterwe op 27 Junie 2021 was ’n groot skok vir almal wie se lewens hy aangeraak het. Sy nalatenskap sal egter bly voortleef in dié wat agterbly. Nico Tromp sal spesiaal by Netwerk onthou word as een van die stigterslede en voormalige voorsitter van die organisasie. Sy passie vir die taal en die mense is hierdeur prakties uitgevoer, en dis ons plig en voorreg om met ywer voort te bou op sy belangrike taak.”

Sy seun, mnr. Philippus Tromp, is die huidige voorsitter van Netwerk.

FOTO
Wyle Nico Tromp se seun, mnr. Gerard Tromp; sy dogter, me. René Haccau; me. Elizma Theron van Netwerk Namibië; me. Denése Tromp; sy dogter, me. Esté de Villiers, en mnr. Philippus Tromp. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!