Netwerk kies nuwe bestuurslede
Die Afrikaanse kultuurbeweging, Netwerk, het tydens sy onlangse jaarvergadering drie nuwe bestuurslede verkies.
Hulle is mnr. Victor Boshoff, besturende direkteur van NEO Paints en bekende in sakekringe en mnr. Brand van Zyl, kundige in die bestuur en herwinning van water en afvalwater by Urban Green, en dr. Callie Opperman, emeritus-predikant.
Opperman was een van die stigterslede van Netwerk en sy betrokkenheid is slegs amptelik gemaak as verkose bestuurslid, sê Netwerk in ’n verklaring.
“Saam met die aanvanklike bestuur, was hy betrokke by heelwat gebeure in die Afrikaanse kultuurkringe, soos hulpverlening met die totstandkoming van Afrikaanse privaat skole in Namibië en die bou van die Erfdeel Kultuursentrum in Windhoek om te verseker dat ons erfenis bewaar word,” lui die verklaring.
Philippus Tromp, uitvoerende hoof van die Nictus-groep, is herverkies tot voorsitter van Netwerk vir die volgende twee jaar. Die ander bestuurslede is mnre. Gerard Tromp, Wilmar Fourie, Christie Horn en ds. Barnie van der Walt.
Me. Elizma Theron, uitvoerende beampte van Netwerk, sê die bestuurlede is vrywilligers wat almal ’n passie het vir die Afrikaanse taal en kultuur.
“Ondersteuners van die organisasie kan gerus voel daar word na die toekoms van hul taal en herkoms omgesien,” sê Theron.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie