Network Television nuut op DStv

Yandi Du Plessis
Nuusredaksie – Die Namibiese medialandskap het gister ‘n grensverskuiwende nuwe hoofstuk betree met die bekendstelling van Namibia Media Holdings (NMH) se nuwe DStv-kanaal, Network Television (NTV).

“Sedert sy nederige begin meer as 45 jaar gelede en met net Republikein in sy kraal, is NMH vandag trots om ’n aandeel in die media-evolusie in die land te hê. Die maatskappy het altesaam 231 werknemers in diens en word in 80% van die land verteenwoordig. Dit verseker dat ons gemeenskappe bemagtig word deur die verspreiding van kennis en inligting,” het mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van NMH, gesê.

“Terwyl ons uitgewersbedryf nog vir jare sal voortduur, sal NTV bygevoeg word tot die lys van nuusplatforms wat die mediahuis bied om gehalte-inhoud na baie Namibiërs se sitkamers te bring.”

Network TV wat gister op DStv en GOtv gedebuteer het, is die produk van “1 000 dae van fokus” en sou nie op die been gebring kon word sonder Multichoice Namibia se verbintenis tot plaaslike Afrika-inhoud nie.

“As Afrika se vooraanstaande vermaakinhoudplatform en mees geliefde storieverteller, is ons voortdurend op soek na geleenthede om plaaslike en plaaslik-geïnspireerde inhoud aan Namibiese gehore te verskaf,” sê mnr. Roger Gertze, besturende direkteur van MultiChoice Namibia.

“Ons doel met hierdie kanaal is om hiperplaaslike inhoud aan Namibiërs te verskaf wat ’n behoefte aan ‘n geleentheid soos hierdie het. Network TV sal beslis kykers se ervaring selfs meer verbeter – en teen goeie waarde.”

LOCAL IS LEKKER

Namibië se nuutste televisiekanaal sal die jongste nuus in aktuele sake, sport en vermaaklik van oraloor die land en die streek na kykers bring.
Deur gehore oraloor Namibië te vermaak én te bemagtig, verbeter NTV die toeganklikheid tot inligting vir wye demografiese en belangegroepe. Die kanaal, wat inhoud in Engels sowel as sommige plaaslike tale sal bied, sal 24 uur, sewe dae per week en 365 dae per jaar uitsaai.

“Netwerk TV, wat ten doel het om te bemagtig, op te voed, in te lig en te vermaak, sal die gewildste programme, debatte oor aktuele sake, ontwikkelings in Namibiese sport, jeugvermaak asook reisprogramme eksklusief vír Namibiërs – deur Namibiërs – aanbied,” het Botha gesê.

“Ons is opgewonde oor hierdie geleentheid om Namibiese inhoud deur kanaal 285 op DStv en kanaal 94 op GOtv te deel. Ons vra alle plaaslike inhoudskeppers om hierdie geleentheid aan te gryp om hul inhoud met ons te deel,” het hy bygevoeg.

“Inhoud is die kern van ons besigheid, daarom gaan ons voort om inhoud in plaaslike produksies van hoë gehalte aan te bied om in die voorkeure van ons Namibiese gehore te voorsien. Network TV sal vir alle DStv Premium-, Compact Plus-, Compact-, Family- en Access-kliënte, insluitend GOtv Lite-, Value-, Plus-, Max- en Supa-kliënte beskikbaar wees.
“Met ons voetspoor wat 100% van Namibië dek, sal die kanaal vars en relevante inhoud aan Namibiërs bied en is ook beskikbaar via DStv-stroomdienste,” het Gertze beaam.

Skakel in en geniet die jongste en wydstrekkende reeks programme.

Besoek www.dstvafrica.com of www.gotvafrica.com vir meer inligting.

FOTO’s Namibia Media Holdings
Mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings, en mnr. Roger Gertze, besturende direkteur van MultiChoice Namibia.
Belanghebbendes tydens die bekendstelling van Network TV op 8 Februarie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!