Neusie verby vir Atlas-komeet
Neusie verby vir Atlas-komeet

Neusie verby vir Atlas-komeet

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Foto’s van die Atlas-komeet, ook bekend as C/2019 Y4, wys dat sy kern onlangs in drie tot vier fragmente opgebreek het.

Italiaanse wetenskaplikes het die verkrummeling van die komeet se kern die afgelope Sondag bevestig en gesê dit is algemeen dat komete versplinter sodra dit naby aan ons son kom.

Voorheen is gesê dat Komeet Atlas net sy roete verby ons son sou oorleef indien dit oor ’n groot kern met baie reserwes van gevriesde gas beskik. Dan sou dit ’n baie helder komeet wees, maar andersins sou sy gas opraak en sou hy verkrummel en dowwer raak soos hy nader aan ons son beweeg.

Space.com berig die komeet het vanaf sy ontdekking einde verlede jaar tot in middel-Maart sterk verhelder, tot dit skielik op 17 Maart opgehou het. Nou weet wetenskaplikes hoekom dit opgehou helderder raak het.

Die komeet is so onlangs as Desember verlede jaar in Hawaii deur ’n waarskuwingstelsel vir asteroïde, genaamd Atlas, ontdek.

Nietemin is nog ‘n nuwe komeet op 25 Maart deur kameras op die SOHO-ruimtetuig (SOHO staan vir Son- en heliosferiese sterrewag) ontdek, wat reeds deur klein- tot mediumgrootte teleskope, asook deur verkykers gesien kan word.

Die Suid-Kaap Astronomie-klub het in ‘n Facebook-inskrywing gesê hoe kleiner jou teleskoop, hoe donkerder sal dit moet wees voor jy dié komeet, wat komeet-C/2020 F8 gedoop is, kan sien. Die klub verskaf ook ‘n sterrekaart van waar die komeet tot die einde van April vanaf die Suidelike Halfrond gesien kan word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!