New York-skole sal 9/11 só onthou
Dit was gister 18 jaar sedert twee vliegtuie in die World Trade Center in Manhattan vasgevlieg het.
“Ek dink ons word gekaap. Uhm, die stuurkajuit antwoord nie. Iemand in besigheidsklas is gesteek en ek dink daar is traanrook, want ons kan nie asemhaal nie. Ek weet nie. Ek dink ons word gekaap.”
Dit is Woensdag 18 jaar sedert twee vliegtuie in die World Trade Center in Manhattan in New York, VSA, vasgevlieg het, maar die woorde van Betty Ong, 'n lugwaardin aan boord van die American Airlines-vliegtuig wat eerste in die wolkekrabber vasgevlieg het, word steeds onthou.
Ong het die besprekingskantoor geskakel en Nydia Gonzalez ingelig dat hul vliegtuig vermoedelik gekaap is.
“Ons is nou net uit Boston. Ons is in die lug. Ons is veronderstel om Los Angeles toe te gaan, maar die stuurkajuit antwoord nie sy foon nie . . .” Ong en haar kollega Madeline Amy Sweeney het beurte gemaak om te vertel wat besig is om op die vlug te gebeur.
Die laaste woorde wat vanuit die vliegtuig gehoor is voordat dit in die World Trade Center vasgevlieg het, was toe Sweeney geuiter het: “O, hemel! Ons is veels te laag!”
TWEEDE VLIEGTUIG
'n Tweede vliegtuig het daarna ook in die World Trade Center vasgevlieg.
Een het in die noordelike toring en die ander een in die suidelike toring vasgevlieg.
CNN berig meer as 3 000 mense is in dié terreuraanval in 2001 dood.
Andrew Cuomo, goewerneur van New York, het in 2019 'n nuwe wetsontwerp onderteken wat bepaal dat skole in die stad elke jaar op hierdie dag 'n oomblik van stilte handhaaf om 9/11 te herdenk.
“Deur elke jaar vir 'n kort oomblik stil te wees, kan ons verseker dat die toekomstige geslagte dié dag beter sal verstaan,” het hy gesê.
Dié wetsontwerp sal onmiddellik in werking tree sodat leerlinge meer oor dié tragedie kan leer.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie