NFA-leierskap in spervuur
Sokker
'n Misverstand tussen die Namibiese Sokkervereniging (NFA) en die Namibiese Sportkommissie (NSC) het daartoe gelei dat die nasionale o.17-vrouesokkerspan sonder nasionale kleure asook reis- en verblyftoelae (S&T) in Lesotho is.
Die o.17-vrouesokkerspan is tans in Maseru waar hulle in die negende uitgawe van die Afrika-uniesportraad (AUSC) se Streek 5-spele meeding wat van 3 tot 12 Desember plaasvind.
Van die 116 lede wat Namibië in Lesotho verteenwoordig, is slegs die vrouesokkerspan en sy beamptes sonder hul nasionale kleure asook hul reis- en verblyftoelaes.
'n Briesende Freddy Simataa Mwiya, NSC se hoofadministrateur, het Vrydag geen goeie woorde vir Franco Cosmos, die sekretaris-generaal van die NFA, gehad nie.
"Ons het 'n lys van 104 atlete goedgekeur wat nie 'n sokkerspan ingesluit het nie. Die NFA het ons later genader om die vrouespan by te voeg, en as regering kan ons nie geld soek soos wanneer jy in 'n informele nedersetting bly nie. . . Daar is prosedures wat gevolg moet word," het hy gesê.
Mwiya het bygevoeg: "Daar is 'n siekte by Sokkerhuis en Cosmos moet tot verantwoording geroep word omdat hy die mense mislei.
"Ek was by Cosmos se kantoor en ek het hom gevra om die geld vir die sokkerspelers se Covid-19-toetse te betaal, wat hy nie gedoen het nie. As Sportkommissie het ons besluit om in te gryp en die Raad van Suider-Afrika-sokkerverenigings gevra om ons rekening vir die uniforms te vereffen. Ons het vir Cosmos gesê om ook Exco Sports vir die klere te betaal, wat hulle steeds nie gedoen het nie."
Cosmos het beweer daar was wankommunikasie tussen hulle en die plaaslike organiseringskomitee met betrekking tot die o.20-streek 5-spele waarheen die NFA 'n vrouesokkerspan gestuur het.
"Wat die sweetpakke betref, is die NFA ingelig ons het die span se groottes te laat verskaf en daarom is ons aangesê om ons eie rekening te betaal. Maar ons het die Sportkommissie gevra om namens ons te betaal en dan sal die NFA hulle terugbetaal, maar dit het nie gebeur nie," het hy gesê.
Mwiya het gesê die sweetpakke is ‘n nietigheid, aangesien die NFA veronderstel is om die rekening van die atlete en amptenare se toelaes te vereffen.
"In ons gesprek met die NFA is ons ingelig Cosafa maak voorsiening vir al hul behoeftes, wat van ons nodig was, was vervoer. En dit het ons voorsien. Die NFA is verantwoordelik vir alle betalings wat die sokkerspan betref," het Mwiya gesê.
Die Sportkommissie se hoofadministrateur het ook gesê die sokkerbeamptes is aangeraai om nie te reis as hul betalings vir toelaes nie gemaak is nie.
"Niemand skryf oor ander sportkodes wanneer hul atlete nie deur die regering betaal word nie, maar wanneer hierdie sportkode (sokker) wat met swak leierskap versuur word, 'n probleem het met sweetpakke wat maar N$300 kos, is daar geen keer aan julle joernaliste nie. Ons moet regverdig teenoor alle sportkodes wees," het Mwiya gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie