Nu00f3g babas soos Gabriu00ebl gehelp
Nu00f3g babas soos Gabriu00ebl gehelp

Nóg babas soos Gabriël gehelp

'n Liefdadigheidsorganisasie op Tsumeb ondersteun nóg vroue wat nie hul babas kan versorg nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Skenkings en boodskappe van ondersteuning stroom in vir die babaseuntjie wat 'n nuwe tuiste by 'n liefdadigheidsorgani­sasie op Tsumeb gevind het. Baba Gabriël, wat Maandag drie maande oud was, word nou by die Tov-lief­da­digheidsorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb versorg waar hy reeds diep in almal se harte gekruip het.

Baba Gabriël se intrek volg op eerwaarde Edward Amadhila se beroep op vroue om hul babas eerder hier af te gee as om hulle weg te gooi.

Volgens Amadhila het die seuntjie “die grootste glimlag wat ek al ooit gesien het” en is hy deur God aan hulle gestuur.

Volgens hom kan die seuntjie nie kla dat hy nie genoeg liefde kry nie en word hy deur 12 susters en sy “amptelike” ma, me. Helena Uusiku, omring.

“Ons dank die Here vir die voorreg om te kan dien en om hierdie engeltjie wat Hy vir ons gestuur het, te kan liefhê. Ons sal uit ons pad gaan om hom te versorg. Hy het 'n bietjie van die hemel na ons gemeenskap gebring,” sê Amadhila.

Volgens hom ontvang die organisasie positiewe terugvoer op hul #SavingBabiesDialogue om 'n helpende hand uit te reik na vroue wat om welke rede ook al nie hul babas kan versorg nie.

Tov help tans ook met die versorging van 'n baba wat op 26 April op Gobabis gebore is en wat vanaf die ouderdom van vier maande ook by die organisasie se tuiste op Tsumeb versorg sal word. In dié verband het Amadhila 'n beroep op die ­Namibiërs gedoen om te help met poeiermelk, doeke, komberse en babaklere.

“As jy byvoorbeeld op Walvisbaai woon, kan jy na die naaste Pep of Pick n Pay gaan, die items koop en die ­depositostrokie na 088 627 025 faks, of 'n e-pos aan [email protected] stuur.

“Ons sal dit dan met die ma en die betrokke winkels op Gobabis opneem.”

Volgens Amadhila werk die organisasie ook saam met twee ma's op Keetmanshoop en op 'n plaas buite Karasburg wat ook babaklere en –komberse benodig.

Hy het 'n beroep op gemeenskappe gedoen om ma's wat hul babas weggee eerder te ondersteun as om hulle te veroordeel.

“Dit is nie maklik om 'n baba groot te maak nie en ongelukkig is die pa's ook nie betrokke nie.”

Organisasies wat kan help met ondersteuning en leiding, sluit in Women's Solidarity Namibia – 081 655 6013 of (061) 220 303; OuKwanyama Tradisionele Owerheid – (065) 260 008, Lifeline/Childline Namibia – (061) 226 889, 116 of 106 (tolvry) en NHP Babyline vir NHP-lede – (061) 285 5400 of 0800 255 255 (tolvry).

“'n Vrou kan bel en sê sy wil haar baba doodmaak en dan los jy alles en probeer haar tot haar sinne bring. Dikwels is die ma net verward of depressief, sy het nie geld om melk vir haar kind te koop of selfs kos vir haarself, wat help dat sy haar kind kan voed nie. Deur net na haar te luister, kan jy ook 'n baba soos ons Gabriël help.”

Amadhila kan gekontak word by 081 274 8618, (067)221 289/221 292 of ­[email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!