Nóg Blitsbok-trane
Rugby
Marnus Kok
Blitsbokke teen Fidji
Fidji het die Blitsbokke gister sonder veel moeite uit die Hamilton-sewestoernooi geboender deur Suid-Afrika in die halfeindstryd van die bekerkompetisie met 29-7 te klop.
Kailione Nasoko het Fidji se eerste drie in die eerste minuut gedruk toe hy omtrent bo-oor die Blitsbokke gehardloop het. Die waarheid is dat Suid-Afrika nie kon kers vashou by die fisieke Fidji nie.
Om sake vir Suid-Afrika te vererger is Kyle Brown, wat die span op die veld gelei het, kort voor rustyd met ’n geelkaart van die veld gestuur ná ’n duikslag op ’n Fidjiaan wat nie die bal gehad het nie.
Selvyn Davids was die Blitsbokke se beste speler. Dié buksie het ’n speler van Fidji verhoed om ’n sekere drie te druk. Maar om Fidji te wen is meer sulke oomblikke nodig.
Die Blitsbokke het later teen Nieu-Seeland in die uitspeelwedstryd om die derde plek te staan gekom nadat Amerika die Kiwi’s in die ander halfeindstryd met 17-7 geklop het.
Puntemakers: Fidji 29 (19): Drieë: Kailione Nasoko, Animaisi Tuimaba (2), Vilimoni Botitu, Waisea Nacuqu. Doelskoppe: Nacuqu, Botitu. Suid-Afrika 7 (0): Drie: Selvyn Davids. Doelskop: Davids.
Blitsbokke teen Nieu-Seeland
Die Blitsbokke moet met die vierde plek by die Hamilton-sewestoernooi tevrede wees nadat die gasheer, Nieu-Seeland, hulle gister in die uitspeelwedstryd om die bronsmedalje geklop het.
Die Kiwi’s het gerieflik met 29-7 gewen. Behalwe vir ’n oomblik of twee, was dit van die begin af eenrigtingverkeer.
Om sake te vererger het Werner Kok hom ’n geelkaart op die lyf geloop ná ’n oortreding by ’n losgemaal. Om met sewe spelers ’n vloed te keer is moeilik genoeg, maar om dit met ses spelers te doen is so goed soos onmoontlik.
Puntemakers: Nieu-Seeland 29 (14): Drieë: Tone Ng Shiu (2), Tim Mikkelson, Joe Ravouvou, Sam Dickson. Doelskoppe: Andrew Knewstubb (2). Suid-Afrika 7 (7): Drie: Siviwe Soyizwapi. Doelskop: Selvyn Davids.
Bekerfinaal
Om een keer strooijonker te wees is dalk nog verteerbaar, maar om vir drie keer die naaswenner te wees is genoeg om jou spoed te breek.
Dit is egter presies wat Amerika se sewesrugbyspan oorgekom het toe hy gister met 38-0 in die eindstryd van die Hamilton-sewestoernooi teen Fidji vasgeval het.
Dit was die derde toernooi in ’n ry wat Amerika in die eindstryd verloor het: eers in Dubai teen Nieu-Seeland (21-5), toe in Kaapstad teen Fidji (29-15) en nou weer teen die Fidjiane.
Dat Fidji in ’n klas van sy eie is, is nie te betwyfel nie. Dié span se vaardighede is strate beter as die ander spanne s’n en boonop is die Eilandmanne ook fisiek die ander spanne se tier.
Puntemakers: Fidji 38 (17): Drieë: Jerry Tuwai (2), Waisea Nacuqu, Aniniasi Tuimaba, Alosio Naduva (2). Doelskoppe: Vilimoni Botitu, Nacuqu, Terio Veilawa (2). Amerika (0).
’n Gebreekte kakebeen gaan die Amerikaner Perry Baker, wat die afgelope twee jaar as Wêreldrugby se sewesspeler van die jaar aangewys is, ’n tyd langs die kantlyn hou. Die 32-jarige Baker is Saterdag op die eerste dag van die toernooi teen Tonga beseer.
Daar is aanvanklik gedink hy het net harsingskudding opgedoen, maar die Eagles het later getwiet dat Baker se kakebeen gebreuk is en hy op pad huis toe is vir ‘n operasie om sy kaak te herstel. Baker sal nie net volgende naweek se sewestoernooi in Australië misloop nie, maar sal hom weens dié besering heelwat langer langs die kantlyk bevind. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie