Nóg boereworsfinaliste
Saterdag is die tweede uitdunronde van die Shoprite/Checkers Champion-boereworskompetisie in Windhoek gehou. Elf mense het Saterdag na die volgende ronde deurgedring.
Die eerste uitdunne is by die Outjo Wildsfees gehou. Hier is me. Sarona Jansen van Vuuren as finalis gekies. Die 11 deelnemers wat Saterdag gekies is, is mee. Carin Neethling, Nicolene Pienaar, Manuela de Koe, Lizette Finnis, Glenda Bocke en mnre. Wikus Malan, Gregory Cloete, Dieter Erasmus, Bossie Coetzer en Stefan Erasmus.
Die volgende ronde vind op 9 Junie by die Kayak plaas. Drie worse sal gekies word, maar dié deelnemers se name sal nie bekend gemaak word nie. Die drie worse gaan dan in die winkels as wors A, B en C verkoop word en die publiek moet per SMS vir hul gunstelingwors stem. Op 20 Junie word die finale wenner bekend gemaak, wat 'n splinternuwe bakkie sal wen.
Shoprite/Checkers Champion-boereworskompetisie se medeborge is Auas Motors met die Isuzu 4x4-bakkie, Coke, Castle Light en Wellington-souse.
Die kompetisie is deur NamChefs gefasiliteer en geakkrediteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie