Nóg eeue oue mummies gevind

’n Eeue oue grafkelder met minstens 17 mummies daarin is in die Egiptiese provinsie Minja ontdek.

Die grafkelder, sowat 8 m onder die grond, bevat doodskiste van kalksteen en klei.

Die meeste van die mummies daarin is ongeskonde. Daar is ook geskrifte op papirus.

Die grafkelders is deur studente aan die Universiteit van Kaïro met behulp van radartoerusting sowat 250 km suid van die hoofstad, Kaïro, gevind.

Navorsers het nog nie die presiese ouderdom van die mummies bepaal nie, maar voorlopige bevindings dui daarop dat dit kom uit Egipte se Grieks-Romeinse era – die tydperk van sowat 600 jaar nadat Alexander die Grote die land in 332 v.C. verower het.

Die Egiptiese regering het die vonds verwelkom. Dit kan die sukkelende toerismebedryf ’n hupstoot gee, het Chaled el-Anani, minister van oudhede, gesê toe die vonds die naweek bekend gemaak is.

Die grafkelder is een van ’n reeks opspraakwekkende vondste die laaste tyd in Egipte.

Die regering hoop die vondste sal die land se beeld in die buiteland verbeter en meer toeriste lok. Die stroom toeriste wat onder meer die piramides besoek het, het gekwyn sedert politieke woelinge die land in 2011 getref het. Daar was onder meer aanvalle op kerke deur lede van die terreurgroep Isis.

Prof. Salah al-Choli, leier van die span argeologiestudente, vermoed dat daar tot 32 mummies in die grafkelder kan wees.

Jehia Rasjed, Egipte se minister van toerisme, het in April gesê die jongste vondste kan daartoe lei dat tot 10 miljoen toeriste die land vanjaar besoek.

In 2010 het 14,7 miljoen buitelanders die land besoek. Toerisme is ’n belangrike element van die land se ekonomie en ’n onontbeerlike bron van buitelandse valuta.

Onder die vondste die laaste maande is die 3 000 jaar oue grafkelder van ’n adellike, 12 grafkelders van sowat 3 500 jaar gelede en ’n reusestandbeeld, vermoedelik van koning Psammetich 1, wat van 664 tot 610 v.C. geregeer het. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!