Nóg geïsoleerde donderbuie verwag
Tot 40 mm reën in Noorde gemeet
Elvira Hattingh – Te midde van reën wat die afgelope dae oor groot dele van die land voorgekom het, sê die Namibiese weerkantoor inwoners in die Sentrale Noorde en die ooste van die land kan vandag nóg geïsoleerde donderbuie te wagte wees.
Terselfdertyd blyk dit veral die Sentrale Noorde en Noordooste het oor die afgelope dae groot buie gehad, met goeie reënsyfers wat in die omgewing van Otavi aangeteken is. Erika Küstner van die Zum Potjie-ruskamp noord van Otavi, sê sy het Saterdag 36 mm reën gemeet.
Hannes van Wyk het op Sondagoggend laat weet altesaam 30 mm reën het op die plaas Otavifontein uitgesak, terwyl nog iemand in die omgewing laat weet het hulle het Maandagoggend nóg 19 mm reën uit die reënmeter gegooi.
Boere in die Kombat-omgewing het vanaf Saterdagnag tot Sondagnamiddag 40 mm reën ontvang, terwyl onderskeidelik 12 mm en 18 mm reën Sondagnag op plase in die Maroelaboom-gebied en Abenab-omgewing naby Grootfontein gemeet is.
Rene Albrightson sê hulle het 10 mm reën op Otjihase-myn gekry terwyl Petra Grové op Facebook laat weet het dit het op Sondag heerlik by Erindi naby Omaruru gereën. Nog Facebook-gebruikers het gisteroggend laat weet dat dit in die Gobabis-omgewing reën en ’n boer wat suid van die dorp boer, het 30 mm reën gekry.
Buiten vir die Sentrale Noorde en die Ooste van die land, voorspel die weerkantoor dit sal vandag gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die Zambezi-streek en die Namib wees, met winderige toestande wat in die binneland kan heers. Die wind sal egter matig tot vars wees en suid tot suidwes waai.
Elders sal dit ook gedeeltelik bewolk en warm wees, terwyl die kus gedeeltelik bewolkte en koue tot koel weer tesame met vog kan verwag. Enkele reënbuie mag dalk oor die suidelike dele van die kus voorkom.
Reën word elke dag tot Donderdag vir Rundu voorspel, terwyl Ondangwa môre nog gedeeltelik bewolk en warm met donderbuie sal wees. Ondangwa kan Donderdag ook enkele donderbuie verwag.
Windhoek se kanse op reën lyk ook goed, met die weerkantoor wat gedeeltelik bewolkte en warm weer met enkele donderbuie vandag en Donderdag in die hoofstad verwag. Geen reën word vir die res van die week in die Suide voorspel nie.
Volgens Accuweather is die beste kans op reën vir Katima Mulilo Vrydag, terwyl Grootfontein en Tsumeb se kanse op reën vanaf vandag tot Donderdag redelik goed vertoon.
Donderbuie wat kol-kol voorkom, kan nog tot môre oor die Etosha-panne en in die omgewing van veral Okaukuejo verwag word, terwyl Opuwo in die verre Noordweste ook soortgelyke reën kan verwag.
Otjiwarongo en Outjo kan nog tot môre donder- of reënbuie verwag, waarna die wolke sal opklaar om vir sonnige weer plek te maak. Usakos en Okahandja kan vandag moontlik ’n reënbui ontvang, met ’n donderstorm wat namiddag in die Gobabis-omgewing kan voorkom. Geen reën word in die volgende dae vanaf Rehoboth en verder suid voorspel nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie