Nóg Hawaiërs moet voor vulkaan vlug
Hawai se Kilauea-vulkaan kan binnekort rotse en as by die kruin van sy krater uitspu in 'n ontploffingsuitbarsting wat meer as 'n eeu gelede laas voorgekom het.
Wetenskaplikes het Woensdag gesê die gevaar van só 'n uitbarsting sal in die volgende weke toeneem namate magma teen die hange afstroom na die gebied waar dit verlede week in 'n residensiële gebied begin het om lawa te spu.
'n Nuwe ontruimingsbevel vir die oorblywende inwoners van Lanipuna Gardens in Hawai is intussen Dinsdag uitgereik nadat twee nuwe kraters in die Kilauea-vulkaan gevorm het.
Volgens CNN is al 1 700 inwoners van Leilani Estates, wat die kleiner Lanipuna insluit, vroeër beveel om die gebied te ontruim, maar nie almal het gehoor gegee daaraan nie.
“Sommige mense gee nie hul samewerking nie,” het Debra Weeks, direkteur van rampbestuur van die Amerikaanse Rooikruisbeweging in Hawai, aan CNN gesê.
“Hul stel hulself én die gemeenskap in gevaar,” het Weeks gesê.
CNN berig die twee nuwe kraters is eintlik besig om uit te bars.
Die burgerlike verdediging het ook bevestig minstens 35 strukture, waaronder 26 huise, is verwoes en sowat 12 splete, insluitend twee Maandag, het gevorm.
Volgens die noodbestuursagentskap van Hawai sal giftige gasse voortdurend uit die splete vrygestel word, berig Frobes.
Inwoners word aangemoedig om in die rigting van die see te beweeg.
– Netwerk24/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie