Nóg hulp teen droogte se druk
Miljoene is al ingesamel om kwesbare Namibiërs en boere te ondersteun.
Augetto Graig
Die totale bydrae tot nasionale droogtehulp was aan die einde van September sowat N$157,8 miljoen.
Die droogtehulpfonds, wat deur die kantoor van die eerste minister in samewerking met die ministerie van landbou, water en bosbou bestuur word, het danksy plaaslike kontantskenkings van meer as N$107,4 miljoen gegroei.
Buitelandse skenkers het boonop N$5,7 miljoen bygedra om die totale bedrag op meer as N$113,2 miljoen te staan te bring.
Namibiërs het nog N$5,5 miljoen in goedere geskenk, terwyl die res van die wêreld tot N$10 miljoen se goedere bygedra het.
Mnr. Japhet Iitenge van die ramprisikobestuurdirektoraat in die kantoor van die eerste minister het dié inligting gedeel.
Sy verslag was deel van die forum van ontwikkelingsvennote wat gister by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in die hoofstad gehou is.
Dié tweede jaarlikse forum is deur die Nasionale Beplanningskommissie in samewerking met die Verenigde Nasies (VN) in Namibië gereël.
“As ons beter voorberei, sal rampe se impak verminder,” sê Iitenge.
Volgens hom ondersteun die fonds reeds 173 000 huisgesinne.
Dié syfer het reeds vier keer toegeneem, sê hy, en na verwagting sal nog heelwat meer mense hulp benodig – een van die uitdagings waarmee die direktoraat worstel.
Ander uitdagings sluit in die registrasie en evaluering van begunstigdes, asook die insameling van dokumentasie wat diensverskaffers en ander verskaffers vereis, sê Iitenge.
Volgens hom het die fonds tussen Junie en September vanjaar voedselhulp in die vorm van mahangu, geblikte vis en kookolie aan 42 899 huisgesinne uitgedeel.
Rys en ander kos is ook uitgedeel.
Subsidies is ook aan boere toegestaan om hulle te help oorleef. Vir 339 aansoeke om toelae vir die koop van voer en lekke is N$343 341 toegeken.
Sowat N$5 miljoen is aan 665 aansoeke vir veebemarkingshulp toegestaan.
Sowat N$400 000 is aan 35 boere toegestaan om toegang tot weiding te verkry.
Vir die vervoer van vee is sowat N$164 000 vir 26 aansoeke uitbetaal, sê hy.
Die regering het die staatsonderneming Agribusdev opdrag gegee om bale voer by groenskemas landswyd te kweek.
Tot dusver is 30 663 bale voer aan begunstigdes gelewer en 'n tekort van 11 246 is aangeteken. Sade is aan begunstigdes geskenk, maar baie meer is nodig om al 30 000 geteikende boere te help, sê Iitenge.
Slagpale is op Oshakati, Eenhana en Outapi herstel en in gebruik.
Op Rundu gaan bouwerk voort terwyl die Ongwediva-vleisverwerkingsaanleg reeds aan die regering oorhandig is.
Op Katima Mulilo is die vorige kontrak gekanselleer en 'n nuwe kontrakteur aangestel, sê hy.
Water word in nege van Namibië se streke aangery na gemeenskappe wat onder die droogte gebuk gaan.
Die Oshana-, Oshikoto-, Kavango-Oos-, Ohangwena-, Omusati-, ||Kharas-, Otjozondjupa- en Zambezistreek word deur weermagwatertenks en verskeie regeringskantore bedien.
Altesaam 27 uit 139 boorgate is reeds geïdentifiseer vir opknapwerk of installasie, sê hy.
Die Etaka-kanaal tussen die Omusati- en Oshanastreek is voltooi, en 'n nuwe waterpyplyn tussen Ondangwa en Omuntele sal binnekort in gebruik geneem word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie