Nu00f3g internasionale eer vir dr. Ndume
Nu00f3g internasionale eer vir dr. Ndume

Nóg internasionale eer vir dr. Ndume

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese oogspesialis dr. Helena Ndume (58) wat oor die jare ’n “wonderwerker” vir sowat 35 000 Namibiërs met sigprobleme was, is opnuut vir haar liefdadigheidswerk vereer.

Sy is een van 100 vroue uit 60 lande wat deur die BBC vir hul pionierswerk op verskeie gebiede vereer is.

Haar naam verskyn op die lys bekend as BBC 100 Women 2018. As nuweling is sy vereer vir haar toewyding om mense met oogprobleme soos katarakke gratis te behandel.

Volgens die BBC beskou baie van die mense wie se sig herstel is, haar as ’n “wonderwerker”.

Ndume is hoof van die departement oftalmologie by die Windhoek Sentrale Hospitaal. Sy het aan die Universiteit van Leipzig in Duitsland gespesialiseer.

In 2015 was sy saam met Jorge Fernando Branco Sampaio van Portugal die eerste ontvangers van die Verenigde Nasies se Nelson Mandela-toekenning.

Sy het deur die jare ook verskeie ander toekennings plaaslik en internasionaal ontvang.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer