Nóg koperkabels gesteel
Telecom Namibia se woordvoerder, mnr. Oiva Angula, het sopas bevestig nóg koperkabels is Dinsdag in Windhoek se Otjomuise-woonbuurt gesteel.
Dít volg ná kliënte oor swak verbinding met die netwerk gekla het.
Ná ondersoek ingestel is, is ontdek ? 300-paar-koperkabel is by die verspreidingspunt in Moses Garoëbstraat gesteel.
Herstelwerk aan die netwerk het reeds vanoggend ’n aanvang geneem en sal na verwagting môre klaar wees.
“Telecom Namibia moedig die publiek aan om op die uitkyk vir koperdiefstal te wees en dit aan te meld. Verdagte aktiwiteite by telekommunikasienetwerkpunte moet by die polisie aangemeld word. Die toename in koperkabeldiefstal het 'n ernstige probleem geword, wat die openbare veiligheid en betroubare diens in die gedrang bring,” sê Angula.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie