Nu00f3g koue kom die naweek
Nu00f3g koue kom die naweek

Nóg koue kom die naweek

Nog ‘n kouefront kom later vandeesweek by die Kaap aan, wat beteken ‘n koue naweek lê voor.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die Namibiese weerkantoor waarsku nog 'n kragtige antisikloon is op pad, wat 'n baie koue naweek vir Namibiërs gaan bring.

Hoewel die tweede kouefront wat suidwestelike dele van die Kaap Maandag bereik het, nie 'n groot invloed op Namibië gehad het nie, sal dit na verwagting van môre af weer baie koud kan raak.

'n Laedrukstelsel wat tans gedeeltelik oor die see en noordwes van Namibië lê, bring twee kouefronte van suid van die vasteland af nader. Die kragtige antisikloon wat tans die westelike kus van suider-­Afrika nader, sal die kouefronte na verwagting vér oor die vasteland stoot.

Die antisikloon sal egter ook meer vog oor die subkontinent intrek as sy voorloper verlede week, wat reën en sneeu tot gevolg kan hê.

Vir die oorgrote dele van Namibië en Suid-Afrika beteken dit koue toestande van veral Vrydag af. Weervoorspellers meen minimum­temperature in Windhoek kan van Vrydag af tot by vriespunt daal, terwyl dorpe in die Suide, soos Keetmanshoop, se maksimum­temperatuur op dieselfde dag moontlik nie 14 °C sal oorskry nie.

Karasburg se minimum kan so laag as -2 °C wees, terwyl die Noorde na verwagting ligter hiervan sal afkom.

Die Namibiese weerkantoor se hoof- weervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister aan Republikein gesê intussen sal reënweer steeds oor die Zambezistreek voorkom, terwyl dit elders meestal sonnig met matige tot warm ­temperature sal wees. Die kus kan gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm weer verwag.



ANTISIKLOON

Die intense antisikloon wat vir die eerste koue gesorg het en tans oor die Indiese Oseaan geleë is, het nou in twee stelsels opgedeel en bring steeds reën vir sekere dele in Suider-Afrika. Dit veroorsaak tans 'n anti-kloksgewyse windsirkulasie, wat voortdurend vogtigheid en koue weer oor die oostelike en ­sentrale dele van die subkontinent stoot, maar eindelik ook verantwoordelik is vir Oosweer langs die kus.

Hoewel hierdie stelsel plek-plek winterreën vir die verre ­Noordooste kan bring, veroorsaak dit 'n sterk noordoostelike wind oor die Noordweste en die land se kus­gedeeltes. Die sterk wind word aangevuur deur 'n laedrukstelsel wat tans oor die Atlantiese Oseaan geleë is.

'n Skerp drukgradiënt kom tussen die antisikloon en die laedrukstelsel voor, wat die winde in hierdie gebied veroorsaak.



OOSWEER

Oosweer is 'n verskynsel wat slegs plaasvind as die sentrale dele van Namibië baie koud is, en temperature oor die Atlantiese Oseaan warmer is as in die binneland om 'n laedrukgebied te veroorsaak.

Die wind blaas van die binneland af en soos dit in hoogte val, styg ­temperature dramaties en waai dit sand en stof van die woestyn af kus toe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!