Nóg 'n Chinees in belastingskandaal
Die Namibiese polisiediens se ondersoekeenheid vir ernstige misdaad het nóg 'n Chinese man in hegtenis geneem in verband met 'n beweerde belastingontduikingskema, bedrog en geldwassery waarby N$3,5 miljard betrokke is.
Mnr. Zhihua Gua is Maandag met sy aankoms op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem.
Zhihua is nou die sesde beskuldigde in die multimiljard-bedrogsaak saam met Chinese sakeman mnr. Jack Huang, mnre. Tao Huizhong, Jinrong Huang, Zhu Honggang en die Namibiese sakeman mnr. Laurentius Julius.
Hy het Maandag sy eerste verskyning in Windhoek se landdroshof gemaak en is op borgtog van N$1,5 miljoen vrygelaat.
Die ses mans se beweerde bedrog-, belastingontduiking- en geldwassery- verhoor is tot 1 Augustus uitgestel om die polisie die geleentheid te gee om hul ondersoek te voltooi.
Eerste vyf
Die eerste vyf beskuldigdes is in Desember 2016 en Januarie 2017 in verband met die saak in hegtenis geneem.
Huang is vry op borgtog van N$1 miljoen en is toegelaat om die land te verlaat om na sy ander besigheidsbelange in Angola om te sien, op voorwaarde dat dit met die toestemming van die ondersoekbeampte en in oorstemming met sy borgvoorwaardes geskied.
Julius se streng borgtogvoorwaardes is op 16 Februarie gewysig om hom toe te laat om die land te verlaat om na sy besighede in ander lande om te sien, ook slegs met die toestemming van die ondersoekbeampte.
Tao, Jinrong en Julius is uit op borgtog van N$1,5 miljoen elk. Zhu is op 22 Desember verlede jaar deur die Ondangwa-landdroshof vrygelaat op borgtog van N$500 000.
Mnr. Sisa Namandje tree vir Huang, Tao, Jinrong en Zhu op, terwyl Laurentius deur mnr. Dirk Conradie verteenwoordig word. Mnr Gilroy Casper het namens Zhihua opgetree tydens sy verskyning Maandag voor landdros Vanessa Stanley, terwyl mnr. Joseph Andreas die staat verteenwoordig het.
Die ses mans se inhegtenisname volg op polisieondersoeke na die saak sedert 2013, wat op 'n groep maatskappye wat hoofsaaklik deur Chinese sakelui besit word, gefokus het
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie