Nóg 'n eerste vir Simmentaler-, Simbra-telers
Die Simmentaler-Simbra Telersgenootskap van Namibië het onlangs waarde tot die beesteeltbedryf in die land gevoeg deur 'n beesbeoordelaarskursus aan te bied waarin met 'n vars oog en nuwe idees ná die spesialiteit gekyk is.
Diethelm Metzger, Simbra-teler en ook raseksaminator, sê die stereotipiese beesbeoordelingskursusse bied nie meer genoeg relevante inligting om aan die hedendaagse stoetveebedryf se behoefte aan kennis te voldoen nie.
" Verder het die Simmentaler-Simbra Telersgenootskap ‘n kognitiewe besluit geneem om hom as ‘n progressiewe, dinamiese en moderne rasgenootskap in Namibië te posisioneer. Prestasietoetsing en die gebruik van genomiese data speel 'n belangrike rol om hierdie doel te verwesenlik," sê hy.
Dit was ook vir die genootskap belangrik om telers van beide hierdie rasse by die kursus te betrek.
Metzger sê dag 1 is daaraan gewy om die nuutste inligting oor geraamde teelwaardes (EBV’s), die aanwending daarvan, die gebruik van die sogenaamde Supertool en genomika met die kursusgangers te deel. Dié lesings is deur Johan Styger aangebied. Die volgende twee dae is gebruik vir 'n interaktiewe kursus oor beesbeoordeling en -evaluering. Hierdie praktiese deel is aangebied deur Jaco Marè (Simbra-raseksaminator), Danie Erasmus (Simmentaler-raseksaminator), Stephan Voigts (Simmentaler-raseksaminator) asook Diethelm (Simbra-raseksaminator) self.
" Dit was dus die eerste beesbeoordelaarskursus in Namibië waar die gebruik van EBV’s vir verskillende teeldoelwitte verduidelik en die praktiese toepassing gedemonstreer is," sê Diethelm.
Hy sê die terugvoering was baie positief en die kursusgangers het dit stimulerend gevind. Hulle was ook van mening dat die kennis meer volledig orgedra en ook interessanter aangebied word danksy die interaksie wat tussen hulle en die eksaminatore bestaan het.
'n Tegniese adviseur van Agra, Paul Klein, het dit ook bygewoon. Hy sê die oorsig en bespreking van teelwaardes binne teling en teelwaardes as bestuurshulpmiddel was insiggewend en het 'n goeie grondslag gelê vir die praktiese gedeelte van die kursus wat daarna gevolg het.
" Die feit dat telers/beoordelaars die kursus aangebied het, het die interaksie en gesprekvoering vergemaklik. Verder het dit beide veldwerk (keuringsbeginsels) sowel as die beginsels binne die skouring goed uitgelig," meen hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie