Nu00f3g u2019n eis teen die polisie
Nu00f3g u2019n eis teen die polisie

Nóg ’n eis teen die polisie

Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die afgelope jaar was daar ’n sigbare toename in die hoeveelheid sake teen die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit vir die onwettige aanhouding en/of aanranding van lede van die publiek deur die Namibiese polisie.

Die polisie het na bewering mnre. Reinhold Dhiginina Nangolo en Naftal Fiindje Nafital op 9 Januarie 2021 omstreeks 00:30 by die Omuthiya- informele nedersetting in hegtenis geneem.

Hulle beweer hulle is ongrondwetlik by die Omuthiya-polisiekantoor aangehou en is glo eers op 11 Januarie op borgtog vrygelaat.

Die twee mans het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn en die hof ingelig dat hulle hul eis met N$140 000 elk sal verminder. Elkeen sou aanvanklik N$260 000 geëis het – N$180 000 vir skadevergoeding en N$80 000 vir regskostes - maar eis nou slegs N$120 000.

Die ministerie het die aanvanklike eis teengestaan en moet nog die hof in kennis stel of die nuwe eise teengestaan sal word.

Volgens hofstukke beweer die twee mans daar was nie ’n lasbrief vir hul inhegtenisneming nie, asook geen geldige bewyse dat hulle die wet oortree het nie.

“Al was daar ’n vermoede dat hulle die oortreding gepleeg het, is dit nie genoegsame rede om hulle in hegtenis te neem nie,” lui die hofstukke.

Die twee mans beweer die Namibiese hoof van misdaadondersoeke, komm. Morris Naruseb, het op 9 Januarie – dieselfde dag wat hulle in hegtenis geneem is – die polisie opdrag gegee om hul vry te laat, maar die opdrag is blatant geïgnoreer.

“Dit het hul reg tot waardigheid en vryheid geskend en die klaers het as gevolg daarvan skade gely en eis daarom skadevergoeding.”

NOG ’N N$2,5 MILJOEN EIS

In ’n ander saak eis ’n gevangene van die Elizabeth Nepemba-gevangenis op Rundu, Tonata Oliver Martin, sowat N$2,5 miljoen van dieselfde ministerie vir goedere wat gesteel of weggeraak het.

Martin skryf glo boeke terwyl hy in aanhouding is en het vir tronkpersoneel gevra om sy handgeskrewe werk te stoor en te bewaar, maar die boeke is volgens hom skoonveld.

Hy eis skadevergoeding vir onder meer die geld wat hy sou verdien het, sy idees en denke, die tyd, moeite en navorsing wat daarin gegaan het en dat dit sy toekomstige loopbaan as ’n skrywer vernietig het. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A