Nu00f3g u2019n Fishrot-skip glip glo uit die hawe
Nu00f3g u2019n Fishrot-skip glip glo uit die hawe

Nóg ’n Fishrot-skip glip glo uit die hawe

’n Tweede vaartuig van die omstrede Yslandse maatskappy Samherji het glo soos mis voor die son verdwyn.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai - Nóg ’n vaartuig van Samherji, die Geysir, het Sondagaand glo meer as 100 bemanningslede gestrand gelaat.

Mnr. Joseph Makanga, organiseerder van die Namibiese Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) se Walvisbaai-tak, het gesê ’n vergadering sal vandag om 10:00 by Saga Seafood se kantoor op die hawedorp plaasvind.

Daar is na wat verneem word geensins met bemanningslede gekommunikeer nie en slegs bewerings het hulle bereik dat die vaartuig sal terugkeer wanneer hy ’n kwota kry. Die bemanning het tot 10:00 Sondag gewerk.

Die voorman, mnr. Mathew Shafooli, het aan die media gesê 32 bemanningslede het saam met die Geysir vertrek en dat hierdie werkers na bewering beveel is om dit ’n “geheim” vir die ander werkers te hou.

“Ons is net gesê om ons goed van die boot af te kry en dit was dit. Ons weet nie of ons vergoed sal word vir die werk wat ons gedoen het nie. Ons het families om te voer.”

Dit is die tweede vaartuig van Samherji wat onder geheimsinnige omstandighede weg is.

Die Saga, wat aan Saga Seafood, 'n filiaal van Samherji, behoort, het Woensdagnag verdwyn en 120 bemanningslede gestrand gelaat.

’n Storm woed om Samherji in die internasionale Fishrot-skandaal.

Makanga het gesê die vergadering is aanvanklik vir gisteroggend geskeduleer, maar toe hulle by die kantoor opdaag, was die bestuur nie beskikbaar nie.

Die vergadering sou handel oor lone wat die werknemers toekom.

“Jul voordele is deur hierdie maatskappy geskend. Vroeg in Januarie het mense vroeg soggens na ons kantore gekom om te kla oor hul lone, verlofdae en skofroosters,” het Makanga gesê.

“Miskien hoor ons môre of hulle ons sal uitbetaal, maar hoe kan hulle dit doen as as hulle nie die datum waarop elke werker begin werk het, nagegaan het nie?” vra hy.

“Ons sal nie duld dat hierdie mense doen wat hulle wil ten koste van ons mense nie.”

Makanga en sy span het gister self elke werker se aanstellingsdatum nagegaan.

Mnr. Johannes Shayuka, ook ’n Nafau-sameroeper op Walvisbaai, het sy ontsteltenis uitgespreek en gesê hulle sal nie hierdie tipe gedrag duld nie.

“Ons het Namibiese mense as bestuurders van die maatskappy. Waarom kommunikeer hulle nie met hul eie mense nie?” het hy gevra.

“Waarom is hulle bang om aan hul werkers te sê wat aangaan? Ons wil die buitelanders blameer, maar dit is ons Namibiese broers en susters wat inligting van ons weerhou.”

Saga Seafood wou gister geen kommentaar lewer nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!