Nu00f3g 'n Hollywood-ster kom na Jozi se Comic Con Africa
Nu00f3g 'n Hollywood-ster kom na Jozi se Comic Con Africa

Nóg 'n Hollywood-ster kom na Jozi se Comic Con Africa

Petrus Malherbe - Aanhangers van popkultuur kan uitsien na nóg 'n Hollywood-bekende wat aanstaande maand sy verskyning gaan maak op Afrika se eerste Comic Con-fees.

Travis Fimmel, wat bekend is om sy hoofrol in die gewilde televisiereeks Vikings, is pas aangekondig as nog 'n eregas op dié fees wat van 14 tot 16 September in Johannesburg plaasvind.

Comic Con is geskoei op die gelyknamige Amerikaanse popkultuurfees, wat jaarliks onder meer in San Diego en New York gehou word.

Buiten Fimmel word die Amerikaanse akteur Jason Momoa, later vanjaar te sien in die titelrol van die fliek Aquaman, asook Kevin Sussman, bekend as Stuart in The Big Bang Theory, ook verwag.

Comic Con Africa vind by die Kyalami Internasionale Konferensiesentrum in Midrand, Johannesburg, plaas. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!