Nóg ’n kinkel in Fishrot-kabel
Augetto Graig en Denver Kisting – In dieselfde week wat ’n Fishrot-beskuldigde, mnr. James Hatuikulipi, die hoërhof vra om sy bankkaarte aan hom terug te besorg, is twee mans aangekeer wat glo met omkoopgeld Fishrot-bankkaarte wou bekom.
Mnr. Zakaria Kuutondokwa Kokule, ’n inwoner van Katutura, het Vrydagmiddag voor landdros Linus Samunzala in die Windhoek-landdroshof verskyn.
Twee klagte staar Kokule in die gesig nadat hy glo verlede Maandag betrokke was by ’n poging om ’n beampte van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) om te koop.
Hy en mnr. Jason Iiyambo het na bewering vir dié beampte, mnr. Junius Ipinge, N$25 000 aangebied om toegang tot vier bankkaarte en ’n handgeskrewe aantekening te bekom.
Die owerhede het vroeër op die kaarte en die aantekening beslag gelê as vermoedelike getuienis in die voortslepende Fishrot-sage.
Kokule se saak is Vrydag tot 20 Februarie uitgestel nadat borgtog geweier is.
Sou hy voor dan op borgtog vrygelaat wil word, het die hof gelas hy moet ’n formele aansoek bring.
Mnr. Jermaine Muchali het vir Kokule verteenwoordig, terwyl mnr. Rowan van Wyk namens die staat opgetree het.
Iiyambo, ook ’n inwoner van die hoofstad, het reeds verlede Woensdag in dieselfde hof verskyn nadat hy Maandagaand aangekeer is.
Hy bly ook in aanhouding.
’n Man van Rehoboth, mnr. Nigel van Wyk, is ook agter tralies ná hy vroeër aangekeer is toe hy glo moontlike bewysstukke wat met die beweerde Fishrot-korrupsie verband hou, uit ’n ander beskuldigde, mnr. Sacky Shanghala, se huis in Klein Windhoek wou verwyder.
James Hatuikulipi, Shanghala en hul vier medebeskuldigdes, mnre. Bernhard Esau, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, verskyn ook weer op 20 Februarie in dié hof op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery.
Hulle is op 27 November verlede jaar in hegtenis geneem en word by die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou.
Die mans word verbind met die grootskaalse beweerde plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar.
Esau was tot verlede jaar die minister van visserye en mariene hulpbronne, terwyl Shanghala die minister van justisie was.
Hulle het bedank nadat die beweerde korrupsie in die media oopgevlek is.
James Hatuikulipi se geding om sy en Tamson Hatuikulipi se bankkaarte en dié van besighede waarby hulle betrokke is te bekom, dien 4 Februarie voor die hoërhof.
’n Aanvullende geding om die ses hoofbeskuldigdes se aanhouding onwettig verklaar te kry, is twee dae later – op 6 Februarie in dieselfde hof.
- [email protected], [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie