Nóg ’n klassieke selfoon kom terug
Petrus Malherbe – Voel jy sentimenteel en het jy amper R21 000 wat jou sak brand?
Dan is een van die wêreld se bekendste opvoufone wat ’n terugkeer maak, dalk vir jou.
Motorola se Razr maak later vanjaar sy terugkeer na die mark, berig The Wall Street Journal.
Die eerste Razr is in 2004 bekend gestel en het gou ’n kulturele fenomeen geword nadat dit deur verskeie karakters in gewilde flieks en televisiereekse van daardie tyd gebruik is.
Oprah Winfrey het dit op haar geselsprogram weggegee en die rockster Bono het duisende Razr-fone aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.
Soortgelyk aan Nokia se besluit twee jaar gelede om die immergewilde 3310 af te stof, het Motorola nou besluit om dieselfde met sy Razr te doen.
Dié Amerikaanse selfoonvervaardiger word deesdae deur die Chinese tegnologiemaatskappy Lenovo besit. Daar is maar nog min besonderhede oor die jongste Razr bekend, buiten dat dit nes sy voorganger oop en toe sal klap.
Volgens Android Central kan dit dalk beteken dat die skerm van die nuwe Razr self kan vou, eerder as net die raam van die toestel, wat dit heelwat meer tegnologies gevorderd sal maak as die oorspronklike foon van die vroeë 2000’s. Die tipe kamera en bergplek wat dit gaan bied, is egter nog nie bekend nie.
Maar een ding is seker: Die nuwe Razr gaan nie goedkoop wees nie.
Volgens The Wall Street Journal kan die prys ’n yslike $1 500 beloop. Dit is sowat R20 700 teen die huidige wisselkoers en bring die nuwe Razr se prys in gelid met dié van bestaande spogfone soos die Samsung Galaxy Note 9 en die iPhone XR.
Motorola is waarskynlik nie te bekommerd dat die nuwe Razr nie as’t ware van die winkelrakke gaan afvlieg nie. Die maatskappy beplan om net 200 000 eenhede daarvan te vervaardig, wat aanhangers en versamelaars sal laat bontstaan om een in die hande te kry. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie