Nóg ’n ontploffing ruk Nairobi
Dié voorval kom twee dae ná die Amerikaanse ambassade in die stad mense gewaarsku het om baie versigtig te wees.
Een mens is beseer in ’n ontploffing Saterdag buite ’n rolprentteater in ’n besige deel van Nairobi, hoofstad van Kenia.
Die beseerde man het ’n trollie gestoot en iemand het glo vir hom ’n klein stuk bagasie gegee voordat die persoon verdwyn het, het ’n polisiebeampte gesê.
Speurders meen daar was ’n eiegemaakte ploftoestel in die bagasie wat toe afgegaan het.
Die polisie-offisier het gepraat op voorwaarde van anonimiteit omdat hy nie met verslaggewers mag praat nie.
Die Rooikruis in Kenia het noodspanne gestuur na die toneel wat onmiddellik deur polisielede afgesper is.
Dié ontploffing kom twee dae nadat die Amerikaanse ambassade in die stad mense gewaarsku het om baie versigtig te wees in openbare plekke soos winkelsentrums.
Die land herstel nog ná die aanval op 15 Januarie waarin ’n gewapende man by ’n hotel en winkelsentrum ingestorm en 21 mense doodgeskiet het.
Die ekstremiste-groep Al-Shabaab, wat in Somalië gebaseer is, het toe verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval op die DusitD2-hotel en winkelsentrum.
Al-Shabaab, wat bande het met Al-Kaida, kom gereeld met aanvalle in Kenia as sogenaamde vergelding vir dié land se militêre betrokkenheid in Somalië.
Al-Shabaab was ook in 2013 verantwoordelik vir die aanval op die Westgate Mall waarin 67 mense dood is, en ook in 2015 vir die een op die Garissa-Universiteit waarin 147 mense, meestal studente, dood is. – Reuters
Phillip Ndolo: One trolley puller was hired by a Somali man to carry a small box from Latema Road to Kenya Cinema. The box later exploded leaving the trolley puller injured #KTNWeekendPrime#GetTheWholeStory pic.twitter.com/shwSgt2u4Z
— ktn (@KTNKenya) January 26, 2019 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie