Nu00f3g u2019n prys van Mianmar-leier teruggetrek
Nu00f3g u2019n prys van Mianmar-leier teruggetrek

Nóg ’n prys van Mianmar-leier teruggetrek

Dié besluit deur Amnestie Internasionaal volg op Kji se onverskilligheid jeens die skending van menseregte in haar land.
Aoeng San Soe Kji, staatshoof van Mianmar en wenner van die Nobelprys vir vrede, is nog een van haar pryse kwyt wat erkenning gegee het aan haar stryd vir menseregte.

Amnestie Internasionaal het Maandag sy hoogste eerbewys, die Ambassadeur van Gewete-prys, wat in 2009 aan haar toegeken is toe sy nog in huisarres was, teruggetrek.

Soos vroeër berig was sy 15 jaar in huisarres terwyl sy teen Mianmar se dekades ­lange militêre diktatuur te velde getrek het. Sy het in 2016 die land se eerste staatskanselier geword.

In daardie tyd is Soe Kji wyd geloof as ’n nie-gewelddadige vegter vir demokrasie en menseregte.

Soe Kji kom egter sedert verlede jaar al hoe meer onder skoot weens die humanitêre krisis in dié land.

MILITêRE VELDTOG

Die Rohingia-groep word in ’n militêre veldtog, wat die Verenigde Nasies ’n “perfekte voorbeeld van etniese suiwering” noem, teen ’n verbysterende tempo uit die land gedryf.

Dié besluit deur Amnestie Internasionaal volg op die Mianmar-leier se onverskilligheid jeens die skending van menseregte in haar land.

“Ons het gehoop dat jy jou morele gesag sou gebruik om jou teen die onreg uit te spreek,” het Kumi Naidoo, sekretaris-generaal van Amnestie Internasionaal, aan Soe Kji geskryf.

“Jy is nie meer ’n simbool van hoop, durf en die ewige verdediger van menseregte nie. Amnestie Internasionaal kan nie meer jou status as die ontvanger van die Ambassadeur van Gewete-prys regverdig nie en dit is met groot hartseer dat ons dit van jou wegneem,” skryf Naidoo.

Soe Kji is sedert April 2016 die de facto-leier van Mianmar se regering wat gekenmerk word deur verskeie menseregteskendings. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!