Nóg ’n rommelklap
Soos by Fitch, lê die regering se langtermynskuld in buitelandse geldeenhede by Moody’s nou ook twee vlakke onder rommelstatus.
Jo-Maré Duddy – Nes die voortslepende resessie is Namibië se jongste rommelkrisis die gevolg van die regering wat verkies om na die “meer polities verteerbare” raad van sy sogenaamde kundiges eerder as die waarskuwings van onafhanklike ekonomiese kenners te luister.
Só het mnr. Rowland Brown, die voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) en medestigter van Cirrus Capital, op Moody’s se afgradering van die regering se langtermynskuld in buitelandse geldeenhede, die rand uitgesluit, gereageer.
Moody’s het Vrydag dié skuld van Ba1 na Ba2 verlaag. Dit beteken Namibië lê nou twee vlakke onder beleggingstatus by dié internasionale kredietgradeerder. Ná ’n afgradering in September lê Namibië net so diep in die rommelpekel by Fitch Ratings.
Van Moody’s se beweegredes is die regering se bultende skuldlas en swak ekonomiese groeivooruitsigte.
Vroeë waarskuwing
Brown sê makroëkonomiese waarskuwingsligte het reeds in 2015 begin flikker. ’n “Kombinasie van slegte raad en die swak implementering van brokkies goeie raad” het in 2017 tot die land se afgradering na rommel gelei.
Daar kom dadels van ekonomiese en beleidsraad uit kundige oorde, en kenners se kommer, verduidelikings en voorstelle word deur die regering en sy raadgewers as sensasie uitgekryt, sê Brown.
Volgens hom is die werklikheid: “Ons is in ’n land in groot moeilikheid as ons nie binnekort radikaal hervorm nie.”
Nie oortuig
Moody’s het verlede Maandag met die regering vergader.
Ondanks die konsolideringsbeleid wat reeds sedert 2016 met die begroting gevolg word, styg die regering se skuld. Dit het die afgelope dekade meer as verdubbel, sê Moody’s.
Die gradeerder is skepties oor die regering se teikens vervat in die halfjaar-begrotingshersiening van Oktober. Hiervolgens beoog die regering ’n primêre begrotingsurplus teen 2021-’22, wat skuld teen 2022-’23 op sowat 53% van die bruto binnelandse produk (BBP) sal laat stabiliseer.
Die regering het al voorheen met die begroting geglip, sê Moody’s.
Hulle verwag dus eerder ’n primêre begrotingsurplus teen 2023-’24 en voorspel ’n skuldlas van bykans 55% van die BBP teen 2024-’25.
Die regering se besnoeiingsplanne leun op ’n kombinasie van kleiner subsidies, goedere en dienste en, in ’n mindere mate, die salarisrol. Die impak hiervan is egter beperk, meen Moody’s. Rente op skuld beloop sowat 10% van totale uitgawes en beteken daar is min beweegruimte vir verdere konsolidering.
“Sonder bykomende, beduidende maatreëls vir begrotingskonsolidering sal Namibië se fiskale vermoë verder verswak,” sê Moody’s.
Schlettwein
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het gereageer deur ’n verklaring uit te reik wat nie veel verskil van die een in reaksie op Fitch s’n twee maande gelede nie.
Die regering is vol vertroue dat sy “beleidspakket die ekonomie op ’n ferm, positiewe en volhoubare groeitrajek in die medium tot lang termyn sal plaas”, het Schlettwein herhaal.
Moody’s het Namibië se vooruitsig van negatief na stabiel verhoog. Volgens die kredietgradeerder is die land se instellings “relatief sterk” en beskik beleidmakers oor “ietwat van ’n kapasiteit” om skokke te weerstaan.
‘Baie ambisieus’
Brown meen Moody’s se stabiele vooruitsig vir die land is “hoogs ambisieus”.
Sonder merkwaardige hervorming gaan daar nie ’n noemenswaardige herstel in groei wees nie. Sonder sulke groei gaan die regering se inkomste nie werklik toeneem nie, aldus Brown.
Meer inkomste kan beswaarlik uit die sowat 300 000 werkers in die formele arbeidsektor of die nagenoeg 27 000 formele werkgewers verhaal word, sê hy. Dit gaan waarskynlik werkgewers en werkgeleenthede laat krimp en die regering se belastinginkomste verminder.
Stygende werkloosheid gaan druk op beperkte begrotingsgeld verhoog. In die heersende swak sakeklimaat gaan staatsondernemings (SOE’s) hulle toenemend tot die regering wend.
Dié en ander faktore gaan die staatskas – en die begrotingstekort – vir die afsienbare toekoms onder druk hou, sê Brown. Eerder as ’n stabiele vooruitsig neig sake swaar afwaarts, meen hy.
Die hervormings wat Namibië se lot kan verander, is nie onmoontlik nie, sê Brown. Dit gaan egter ’n uitstekende begrip van die ekonomie en ’n bietjie vooruitsig verg.
“Sonder ’n dramatise verandering in die politieke wil om betekenisvolle hervorming te implementeer, bly die vooruitsigte broos,” sê Brown.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie