Nóg 'n skandaal ruk Australië
Perdesport
Vyf Australiese perdewedrenafrigters en drie stalknegte staar lang skorsings in die gesig nadat hulle gister skuldig bevind is dat hulle perde verbode middels toegedien het.
Dit word beskou as “waarskynlik die grootste skandaal” wat dié land se perdewedrenbedryf nóg getref het.
Die agt persone het almal by die Aquanita-stal gewerk, wat nie meer bestaan nie.
Daar was 271 aanklagte teen hulle en hulle was deel van 'n jare lange, stelselmatige sameswering om 'n onregverdige voordeel te kry in meer as 100 wedrenne oor sewe jaar, sê die appèl- en dissiplinêre raad van wedrenne in die staat Victoria.
“Daar was oneerlike, korrupte of bedrieglike, onvanpaste of oneerbare aksies van die hoogste orde.”
Die afrigters Robert Smerdon, Stuart Webb, Tony Vasil, Trent Pennuto en Liam Birchley, saam met die stalknegte Daniel Garland, en Greg en Denise Nelligan, het op wedrendae die perde “opkikkers toegedien”.
Perde is ook natriumbikarbonaat ingegee. Dit kan hul vertoning verbeter omdat dit melksuur verminder en hulle toelaat om langer te hardloop sonder om moeg te raak.
Wedrenopsigters het Greg Nelligan in Oktober betrap toe hy 'n spuit met natriumbikarbonaat in Lovani se bek ingespuit het op die Turnbull Stakes Day in Melbourne.
Ondersoekbeamptes het later sowat 1 000 teksboodskappe op sy selfoon gekry wat ander afrigters en stalknegte betrek het.
“Dit is die grootste skandaal en die mees uitgebreide ondersoek in die geskiedenis van Australiese perdewedrenne,” sê die raad.
Nelligan is ook daaraan skuldig bevind dat hy 'n weddenskap geplaas het op 'n perd in sy werkgewer se stal.
Nie een van die agt persone het skuld beken nie. Net Birchley het die verhoor bygewoon en getuienis gelewer.
Denise Nelligan het met die sak patats vorendag gekom toe sy in Oktober deur ondersoekbeamptes ondervra is.
Sy het later probeer om haar getuienis te verander. Sy het gesê sy was “onder stres, geïntimideer en wou net uit die vertrek kom”.
Die raad het dit nie aanvaar nie.
Strawwe, skorsings en boetes sal Donderdag opgelê word.– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie