Nóg 'n span om Eskom te help
'n Nuwe groep is opdrag gegee om Eskom se bedryfs-, onderhoud- en tegniese omgewings te hersien.
Elvira Wood
Nóg 'n nuwe span is aangestel om die kragreus Eskom by te staan.
Eskom het Maandag in 'n verklaring gesê die hersieningspan van 11 lede is deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, en Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, aangestel.
Luidens die verklaring moet die span Eskom se bedryfs-, onderhoud- en tegniese omgewings “dringend, dog intensief” hersien. Hulle moet dié taak binne vier weke afhandel.
Die lede van die taakspan is: Dr. Tsakani Mthombeni (koördineerder), Ian Morrison (koördineerder), Seeralan Chinaboo, Khumo Morolo, Gladman Mkwai, Robbie van Heerden, Sibuyela Sishuba, Walter Schmitz, Vitesh Maharaj, Lwazi Goqwana en Phindile Mooketsi
Die taakspan sal die volgende kwessies ondersoek:
1. Kragsentrales wat nie werk nie weens beplande onderhoud;
2. Kragsentrales wat nie werk nie weens onbeplande onderhoud en foute;
3. Foute wat deur die operateur veroorsaak is en wat daartoe lei dat krag nie meer by sentrales gegenereer word nie; en
4. Tegniese en operateur-geassosieerde ondoeltreffendheid wat laer as optimale elektrisiteitsuitset van die kragsentrale-eenhede tot gevolg het.
“Die tegniese span sal aan minister Gordhan en 'n tegniese subkomitee van die Eskom-direksie verslag doen. Die span sal weer op Vrydag 8 Maart vergader om te bespreek hoe die werk gedoen gaan word. Hulle sal amptelik op 11 Maart begin om hul mandaat uit te voer,” lui die verklaring.
Die Mineraleraad van Suid-Afrika het die aanstelling van die span verwelkom.
“Dit is 'n tasbare demonstrasie van leierskap en 'n manifestasie van werklike toewyding aan die toekomstige welsyn van ons land en ons bedryf in 'n tyd wanneer Suid-Afrika dit die nodigste het,” sê Roger Baxter, uitvoerende hoof van die raad gister in 'n verklaring.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie