Nóg ’n terugslag tref Steinhoff
Onder druk van skuld sukkel die reus om sy likiditeit te behou.
Vida Booysen - ’n Verdere terugslag het die beleërde Steinhoff getref toe Moody’s Investor Services sy skuldstatus nóg ’n keer afgegradeer het.
Die skuld is reeds op 8 Desember, enkele dae nadat die bom oor beweerde rekenkundige ongerymdhede by die internasionale meubelgroep gebars het, na rommelstatus verlaag. Dit is toe ook op hersiening vir verdere afgradering geplaas.
Gister is Steinhoff International Holdings en Steinhoff Investment Holdings se skuldgradering in buitelandse geldeenhede van B3 na CAA1 verlaag. Steinhoff Investment Holdings se skuld in rand is ook nou onder beleggingsgraad (rommelstatus) na B3 afgegradeer.
Steinhoff in Europa se ongesekureerde skuld is na Caa1 afgegradeer nadat dit vroeër reeds tot B1 gedaal het.
’n Maatskappy se kredietgradering dui gewoonlik vir die uitlener of belegger aan of die maatskappy in staat sal wees om ’n lening terug te betaal.
’n Swak kredietgradering beteken daar is ’n hoë risiko dat die lening nie terugbetaal sal kan word nie en lei dus tot ’n hoër uitleenkoers om daardie risiko te dek. Lenings kan selfs geweier word op grond van ’n swak kredietgradering.
Moody’s het weer die afgradering op hersiening vir moontlike verdere verlaging geplaas.
Likiditeitsvlakke opgedroog
In sy beleggersnota sê die kredietgradeerder daar is al hoe meer druk op Steinhoff se likiditeit – dus op sy vermoë om kontant in die hande te kry om sy skuld te betaal.
“Die situasie word vererger deur sy bedryfsmaatskappye wat ’n bykomende las op Steinhoff se gesentraliseerde skatkis plaas om werkskapitaal aan hulle voor te skiet,” sê Moody’s.
Die kredietgradeerder het ook opgemerk dat die bedryfsmaatskappye die afgelope weke self sukkel om krediet in die hande te kry en dat heelwat kredietfasiliteite teruggetrek of opgeskort word.
“Gevolglik kan Steinhoff se likiditeitsvlakke onvoldoende wees om sy Europese bedrywighede oor kort termyn vol te hou as hy nie sy kontantbalans kan beskerm of ander bronne van likiditeit kry nie.”
Moody’s erken wel dat Steinhoff verskeie middele het waarmee hy sy likiditeitsprofiel kan verstewig. Die kredietgradeerder noem byvoorbeeld dat Steinhoff tans probeer om sy dekking vir kredietversekering te verbeter, nuwe kredietgeriewe vir sy maatskappye in die hande te kry en kontant van die verkoop van genoteerde aandele in Suid-Afrika na sy Europese bedrywighede te kanaliseer.
“Maar die tydsberekening en opbrengs van hierdie maatreëls is op die oomblik onseker,” sê Moody’s.
Die kredietgradeerder hou ook die bobbejaan dop wat agter die bult vir Steinhoff wag. Die maatskappy het heelwat skuld aangegaan wat in 2018 terugbetaal moet word – sowat €1,47 miljard soos dit voorheen deur Steinhoff gerapporteer is.
“Die deurlopende ondersoeke na Steinhoff se beweerde rekenkundige ongerymdhede kan dit uitdagend maak om hierdie skuld terug te betaal of te herfinansier,” sê Moody’s.
Steinhoff se aandeelprys was gisteroggend 0,2% laer op R4,63 per aandeel. Sedert die bedanking van sy voormalige uitvoerende hoof, mnr. Markus Jooste, en die bekendmaking van die ondersoek na beweerde rekenkundige ongerymdhede het die aandeelprys reeds met 90,7% gedaal. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie