Nóg ’n terugslag vir Samsung se voufoon
Samsung het Dinsdag gesê hy weet steeds nie wanneer sy nuwe voubare foon gereed sal wees om verskeep te word nie.
Die Galaxy Fold was veronderstel om teen einde April bekend gestel te word, maar dit is weens tegniese probleme met die toestel onbepaald uitgestel.
Die maatskappy het Dinsdag om verskoning gevra aan mense wat reeds die Fold op voorafbestelling gekoop het en steeds daarop wag.
Samsung moes noodgedwonge die bekendstelling van die Fold, wat nagenoeg R45 000 gaan kos, uitstel nadat verskeie toetsmodelle in die hande van joernaliste wêreldwyd gebreek het.
Daar blyk probleme te wees met die foon se byderwetse skerm wat soos ’n stuk papier in twee kan vou.
“As ons nie iets van jou hoor nie en nie die foon teen 31 Mei verskeep nie, sal jou bestelling outomaties gekanselleer word,” het die maatskappy kopers van die Fold per e-pos laat weet.
’n Woordvoerder vir Samsung het bevestig dat bestellings waaraan nie voldoen kan word nie, teen die einde van die maand gekanselleer gaan word.
Regulasies bepaal dat Samsung kliënte moet laat weet dat voorafbestellings gekanselleer word ingeval die produk nie teen 31 Mei verskeep is nie.
Hoewel die kwessie nie Samsung se balansstaat beïnvloed nie, berokken dit wel skade aan die maatskappy se pogings om hom as ’n innoverende skepper van nuwe tegnologie te vestig.
Samsung het vroeër gesê hy beplan om minstens 1 miljoen voubare fone binne die eerste jaar te vervaardig. Die maatskappy vervaardig en verkoop gemiddeld 300 miljoen fone per jaar.
Belangstellendes kan sedert Vrydag nie meer die Galaxy Fold vooraf bestel nie. Samsung sê dit is weens ’n te “hoë aanvraag”. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie