Nóg ’n tragedie tref Otavi
’n Tweede skok binne twee dae het die landbougemeenskap van Otavi Sondag getref.
Ronelle Rademeyer – ’n Jong boer van 25 jaar oud is Sondagmiddag dood toe ’n tweede tragedie in minder as 48 uur brandbestrydingsaksies in die Otavi-distrik getref het.
Mnr. Sieghard (Siggi) von Alvensleben is op slag dood toe die stilstaande brandbestrydingsbakkie waarop hy gestaan het, in digte rook van agter deur ’n minibus getref is wat vanaf die Noorde met passasiers in ’n suidelike rigting op pad was. Hy is tydens die impak van die bakkie afgeslinger.
Die ongeluk het sowat 20 km suid van Otavi plaasgevind waar die jong Von Alvensleben saam met sy pa, mnr. Geppie von Alvensleben, en twee plaaswerkers besig was om ’n veldbrand te bestry wat tot teen die B1-hoofweg versprei het.
Von Alvensleben, ’n oudleerling van Tsumeb Gimnasium, het in Duitsland megatroniese ingenieurswese studeer. Hy het hom onlangs saam met sy bruid, Magdalena, op hul familieplaas Kumkaues gevestig om Von Alvensleben senior met die boerdery te help.
Sy dood volg ná dié van mnr. Chris Coetzee (73) van die plaas Leyte Saterdagoggend. Coetzee is laat Vrydagmiddag baie ernstig beseer toe sy vliegtuig op die plaas Zhukov-Wes geval het. Hy het die afgelope weke byna daagliks oor die gebied tussen Outjo en Otavi gevlieg waar veldbrande al van September af woed, om die situasie uit die lug te monitor.
Insp. Maureen Mbeha, woordvoerder van die polisie in die Otjozondjupastreek, sê een van die 12 insittendes in die minibus het onherkenbaar verbrand. Die ander elf, wat ligte tot ernstige beserings opgedoen het, kon almal betyds uit die bussie kom voordat dit heeltemal uitgebrand het.
Sy sê die oorledene kon nie geïdentifiseer word nie.
Mnr. Wolfgang Falk, voorsitter van die Otavi Boerevereniging, sê Von Alvensleben senior en die een plaaswerker, mnr. Josef Zaongara, is vir skok behandel. Die ander werker, mnr. Mike Kavari, het ernstige beserings opgedoen en word in ’n hospitaal in Windhoek behandel.
Hy was saam met die jong Von Alvensleben agterop die bakkie, wat met ’n groot watertenk vir brandbestryding toegerus was. Zaongara was langs die teerpad besig om die vlamme te probeer blus.
Falk sê die veldbrand het op die plaas Osib van mnr. Nicky Nashandi ontstaan. Hy is ’n voormalige ambassadeur van Namibië in die buiteland.
Volgens Falk ondersoek amptenare van die direktoraat bosbou in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme beweringe dat dit deur nalatige kolebrandery veroorsaak is.
Teen gister was brandbestrydingspanne van plase in die omgewing steeds besig om die Osib-veldbrand met voorbrande te beheer en te keer dat dit verder suid versprei. Hy het die boerevereniging se westelike brandbestrydingskomitee geloof vir hul goeie werk.
Mbeha sê intussen is drie van die 11 beseerdes van die minibus na die Katurura-staatshospitaal oorgeplaas. Hulle toestand is ernstig.
– [email protected]
FOTO’s
Die uitgebrande wrak van die Von Alvenslebens se bakkie wat deur die minibus getref is. Foto's Verskaf
Een insittende in die minibus het onherkenbaar verkool. Die res van die passasiers kon die vlamme ontsnap.
Wyle mnr. Siggi von Alvensleben (25). Hy is onlangs getroud en het ná sy studies in Duitsland terugkeer om op hul familieplaas te kom boer. Foto Facebook

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie