Nóg ’n tree vorentoe vir plaaslike filmbedryf
Yandi du Plessis – Die aanlyn reeks Walking Forward is verlede jaar op YouTube bekend gestel.
Die fokus van dié reeks is die impak van die Covid-19-pandemie op Namibië se kreatiewe sektor.
Pleks daarvan om ’n hartseer verhaal te vertel, wou dié reeks fokus op die bietjie hoop wat gevind kan word in die manier waarop diegene in die kuns- en kultuurbedryf die uitdaging van 2020 aangepak en die beste van die gegewe geleenthede gemaak het.
Die konsep van die reeks was die kreatiewe entrepreneur Ndinomholo Ndilula wat met van Namibië se talentvolstes gesels het. Hulle het vertel hoe hulle die pad vorentoe, na 'n onbekende en opwindende toekoms, gaan aanpak.
Ndilula het onderhoude gevoer met individue in die kreatiewe sektor, van modelle en ontwerpers, musici, diegene in die visuele kunste, tot professionele dansers.
“Walking Forward bied ’n blik agter die skerms van vyf kulturele subsektore en plaas die kollig op diegene wat die uitdagings van 2020 aanvaar en dit in geleenthede omskep. Die titel van die reeks dryf die onderliggende boodskap van ons webreeks,” het die vervaardiger van die reeks, Tim Huebschle, destyds gesê.
“In ’n neutedop is die idee om die impak te verstaan wat Covid-19 op die kuns- en kultuurbedryf gehad en steeds het. Nie om die werklikheid wat ons almal ken te betreur nie, en om stories van hoop te vertel, verhale oor kreatiewe innovering, stories wat diegene vier wat aanhou om vorentoe te beur.”
“Toe teaters, klubs, dansplekke en komedieklubs oraloor die wêreld gesluit is, was dit duidelik dat dinge anders gedoen sal moet word. Ter plaatse het Covid produksieprosesse laat stilstaan, wat ondersteuningsfunksies gestuit het en die verspreidingsprosesse wat reeds dekades lank gevolg word, ontspoor het.
Ten spyte van al die verlies en hartseer, het Covid opkomende kreatiewe sentrums, soos Windhoek, die geleentheid gegun om hul ontwikkelingsproses te heroorweeg.
“Die Walking Forward-webreeks het my die geleentheid gebied om my in Windhoek se kreatiewe ekostelsel te verdiep en te ondersoek hoe ’n handjie vol organisasies en individue hul veerkragtigheid handhaaf tydens 'n wêreldwye pandemie. Benewens die webreeks het ek ooreenstemmende bloginskrywings gepubliseer. Die doel hiervan is om konsepte, idees en potensiële aksies voor te lê wat die lesse wat ek uit die onderhoude geleer het, sal weerspieël en bydra tot ’n nuwe era van die gebruik van Namibië se kreatiewe hulpbronne,” sê Ndilula.
Collective Productions, ’n Namibiese filmproduksiemaatskappy wat al verskeie bekroonde dokumentêre films, kortfilms, musiekvideo’s en TV-advertensies vervaardig het, het ook Walking Forward vervaardig.
TWEEDE SEISOEN
Die tweede seisoen van Walking Forward word op 12 Junie op YouTube bekend gestel. In dié seisoen is die kollig op die dapperheid en opoffering van noodwerkers wat vandag nog net so hard werk soos destyds met die aanvang van die coronaviruspandemie in Namibië.
“Die afgelope paar dae het ons ’n reis deur die Namibiese gesondheidsorgsektor onderneem. Baie inspirerende mense, wat doen wat nodig is om aan te hou veg vir ons almal, het oor ons pad gekom,” het die span vertel.
NUWE HOOGTES
Collective Productions het onlangs aangekondig die eerste seisoen van Walking Forward het die pryse vir die beste webreeks en die beste boodskap by die Top Indie Film Awards in Tokio gewen. Die reeks is ook benoem vir beste draaiboek en beste regie by dieselfde geleentheid.
Die eerste seisoen het ook onlangs aan die Piton International Film Fest Africa deelgeneem en is Woensdag op die New Media Film Festival in Los Angeles vertoon.
Kyk hier na episodes van die eerste seisoen (QR): https://q.my.na/3F0K

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie