Nóg 'n verdagte in Möllermoord vas
Jessica Botes - Die polisie in Windhoek het gister nóg 'n man in hegtenis geneem in verband met die moord op mnr. Hans-Jörg Möller van Walvisbaai.
Die hoof van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Ottilie Kashuupulwa, het die inhegtenisneming bevestig. Sy het egter gesê die polisie kan in hierdie stadium nie verdere inligting openbaar maak nie vanweë die sensitiwiteit van die ondersoek.
Die woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het aan Republikein gesê die beskuldigde sal vanoggend of môre-oggend in die hof op Walvisbaai verskyn. Volgens hom is nóg 'n man deur die loop van die week in verband met die saak in hegtenis geneem. Hy is vrygelaat nadat hy deur die polisie ondervra is.
OTAVI-AANVAL
Op Otavi het streng veiligheidsmaatreëls gister gegeld waar die twee van die vyf vermeende aanvallers op die Tambuki Wilderness Hunting Safari’s ‘n eerste hofverskyning gemaak het. Die maatreëls het moontlik verband gehou met drie lede van die bende wat nog gesoek word.
By die hof is aanvanklik gelas dat niemand in denimbroeke binne toegelaat gaan word nie. Later is vroue wel toegelaat om in te gaan en het van die mans die verrigtinge deur die vensters gevolg. Selfs die neem van foto’s buite die hofsaal is deur die polisie verbied. ‘n Versoek is ook geweier om die name van die mans in die beskuldigdebank vry te stel. Hulle name is Jonas Hamutenya (33), die bestuurder van die motor, en Jesaja Shapilwe (29).
Die twee mans het albei op ‘n klag van gewapende roof op Larry Bussey van Tambuki en van sy gaste verskyn. Die verhoor is tot 22 Augustus uitgestel en weens die erns van die voorval is borgtog geweier.
‘ n Geskatte 25 boere en belanghebbendes van Otavi het gister omstreeks 14:00 by die hof opgedaag. Hulle was met ferm optrede deur die polisie en hofordonnanse begroet.
Tydens die aanval Sondagaand is ‘n 69-jarige Amerikaner so erg beseer dat dat hy mediese behandeling op Otavi moes ontvang. Een van die gevaarlikste wapens van die aanvallers was ‘n slotbreker.
Onder die rampokkers se buit was ‘n skootrekenaar, kamera, pistool, rewolwer en ‘n geskatte N$113 000 kontant.
Die aanvallers se uitwykvoertuig was een van die herberg sowat 43 km buite Otavi. Sowat 23 km buite Otavi het die mans na ‘n wit motor oorgeklim en verder in die rigting van Otjiwarongo uitgewyk.
Naby Otjiwarongo het buurtwaglede die voertuig voorgekeer en het vier mans uitgespring en die boswêreld ingevlug. Die bestuurder van die motor is vasgetrek en twee verkykers, ‘n skootrekenaar, jaggeweer, kamera en muntstukke is in die voertuig gevind.
Ná gister se verrigtinge het van die hofgangers aan ‘n hofbeampte gesê hulle tree op, omdat hulle hulle vir die weiering van borgtog vir die beskuldigdes beywer. Hulle is deur ‘n aanklaer gevra om hul name op skrif te plaas en so ‘n versoek voor die mans se volgende verskyning aan hom te oorhandig. Daarmee sal dan rekening gehou word wanneer hulle op 22 Augustus moet verskyn.
OTJOMUISE-MOORD
Die 25-jarige verdagte wat daarvan beskuldig word dat hy sy 20-jarige meisie, me. Jeanette Haoses, Maandag in Windhoek vermoor het, is nou in polisie-aanhouding, berig Tanja Bause. Hy het hom by die Tsumeb-polisiekantoor oorgegee. Die Namibiese polisie is besig met reëlings om hom na Windhoek te neem sodat hy in die Katutura landdroshof kan verskyn.
Hy het blykbaar sy meisie in haar sinkhuis in Otjomuise se Sewende Laan vermoor. Op die toneel het die polisie 'n bebloede mes, baksteen, hamer en elektriese koord gevind. Die lykskouing sal bepaal hoe sy gesterf het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie